Lied van liedere 7
7
1Hoe mooi is jou voete in sandale, dogter van die prinses! Die vorm van jou heupe is soos gesnyde kosbare stene, die werk van ’n bekwame werker.
2Jou naeltjie is soos ’n ronde kom waarin gemengde wyn nooit ontbreek nie. Jou lyf is soos ’n hoop koring, omring deur lelies.
3Jou twee borste is soos twee jong boklammers, tweelinge van ’n gasel wat wei tussen die lelies.
4Jou nek is soos ’n ivoortoring, jou oë is soos die poele in Heshbon, by die poort van ’n prinses; jou neus is soos die toring van L’vanon wat uitkyk oor Dammesek.
5Jou kop is op jou soos Karmel en die vlegsels van jou hare is soos koninklike purper, gebind met rye borduurwerk!
6Hoe lieflik en hoe begeerlik is jy, o jy wat ek lief het, genotvolle dogter!
7Jou gestalte is soos ’n palmboom en jou borste is trosse druiwe.
8Ek het gesê: “Ek sal die palmboom klim, sy takke gryp; jou borste sal wees soos trosse van die wingerdstok en die geur van jou gesig soos appels
9en jou verhemelte is soos die beste wyn wat afgaan in die mond van my vriend en die lippe laat slaap.
10Ek is my vriend s’n en sy begeerte is na my.
11Kom, my vriend, laat ons uitgaan in die veld, laat ons bly in die dorpie.
12Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, of die sagte lote verskyn en die granate in blom is. Daar sal ek jou my borste gee.
13Die alruin gee geur af en by ons deure is allerhande aangename vrugte, vars en oud; wat ek vir jou gehou het, my vriend.
S'ha seleccionat:
Lied van liedere 7: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.