Psalms 141
141
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, ek roep uit na U; maak gou om my te antwoord; draai U oor na my woorde en aanvaar hulle.
2Laat my gebed voor U wees soos wierook en die oplig van my hande soos die aandoffer.
3Stel ’n wag voor my mond, o יהוה, bewaar die deur van my lippe Ya’a 1:26
4sodat my verstand, wil en emosie nie neig na bose dinge en booshede doen saam met manne wat boosheid bewerk nie; laat my nie sout saam met hulle eet nie.
5Laat die regverdige my leer en my tugtig; laat die olie van die bose nie my kop salf nie, aangesien my gebed teen hulle booshede was.
6Wanneer hulle regters deur ’n sterk hand gestop word, sal hulle na my woorde luister, want hulle is soet.
7Soos die ploegskaar die grond verstrooi, laat hulle beendere gestrooi word by die mond van die graf.
8Ek het my oë na U toe opgelig, יהוה, Meester; ek het in U vertrou, moenie my lewe verwerp nie!
9Bewaar my van die hand van die bose, want hulle het strikke vir my gespan.
10Laat die bose saam val in hulle eie nette terwyl ek sal verbygaan!
S'ha seleccionat:
Psalms 141: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.