Logo de l'Aplicació de la Bíblia
Icona de cerca

Psalms 113

113
1Loof Yah helder en duidelik! Loof helder en duidelik, o diensknegte van יהוה, loof die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik!
2Geseënd is die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, van nou af aan vir ewig!
3Vanaf die opkoms van die son tot by sy ondergang moet die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik geloof word!
4יהוה is hoog bo al die nasies en Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid bo die hemele.
5Wie is soos יהוה, ons God, wat sit in die hoogte
6en tog die dinge wat in die dieptes is, in die hemel en op die aarde, raaksien?
7Hy lig die arme op uit die mishoop
8dat Hy hom kan vestig by die prinse van die volk.
9Hy laat die onvrugbare vrou huishou, ’n blymoedige moeder van kinders. Loof Yah helder en duidelik!

S'ha seleccionat:

Psalms 113: PWL

Subratllat

Copia

Compara

Comparteix

None

Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió