Psalms 111
111
1Loof Yah helder en duidelik! Ek wil יהוה loof en prys met uitgestrekte hande vanuit my hele verstand, wil en emosie, in die vergadering van die opregtes en in die byeenkoms.
2Die dade van יהוה is groot; raakgesien deur almal wat ’n plesier daarin het.
3Sy dade is majestueus en wonderlik en Sy onpartydige opregtheid duur voort vir ewig.
4Hy het Sy wonderdade laat onthou; יהוה is vol onverdiende guns en omgee. Ya’a 5:11
5Hy het kos gegee aan die wat Hom respekvol vrees; Hy sal altyd Sy verbond in gedagte hou.
6Hy het die krag van Sy dade aan Sy volk gewys dat Hy aan hulle die erfenis van die ander nasies kan gee.
7Die werke van Sy hande is waarheid en regverdige oordeel en hulle duur voort vir ewig en ewig.
8Al Sy opdragte is seker en word gedoen in waarheid en opregtheid.
9Hy het verlossing na Sy volk gestuur; Sy verbond sal altyd onthou word; Sy Naam (Karakter en Outoriteit) is afgesonderd en respekvol gevrees. Luk 1:50
10Die respekvolle vrees van יהוה is die begin van wysheid; almal wat Sy opdragte uitvoer, het ’n goeie begrip. Sy lofprysing duur vir ewig. Spr 1:7; 9:10; 10:27
S'ha seleccionat:
Psalms 111: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.