Iyov 33
33
1Hoor daarom my boodskap, o Iyov, luister en doen alles wat ek sê.
2Noudat ek my mond oopgemaak het, let op, praat my tong in my mond.
3Die woorde van my mond is opreg en die uitinge van my lippe is rein.
4Die Gees van God het my opgewek en die asem van die Almagtige het vir my lewe gegee.
5As u my kan antwoord, berei uself dan voor en staan op voor my,
6want ek is net soos u voor God, ek is ook uit klei gevorm;
7daarom sal my waarskuwings u nie laat bewe, of my teregwysing swaar wees op u nie.
8U het verseker gepraat waar ek kon hoor en ek het die stem van u woorde hoor sê:
9‘Ek is skuldloos, sonder oortreding; ek is onskuldig en daar is geen boosheid in my nie en ek is ver verwyderd van boosheid.
10Let op, Hy vind redes teen my; Hy tel my as Sy vyand.
11Hy sit my voete in die blokke; Hy hou al my paaie dop.’
12Let op, hierin kan u nie reg wees nie. Ek sal u antwoord dat God groter is as ’n mens.
13Waarom twis u met Hom, aangesien Hy nie verslag gee van Sy sake nie?
14Want God praat een keer, Hy praat nie ’n tweede keer nie.
15In ’n droom, in ’n visioen in die nag, as diepe slaap op die mense val terwyl hy sluimer op die bed,
16dan maak Hy die ore van mense oop en verneder hulle volgens hulle rebellie
17sodat Hy die mens van sy bose dade kan laat afsien en sy trotsheid kan verwyder,
18spaar Hy hom van korrupsie en sy lewe van straf en vernietiging.
19Die mens word getugtig met pyn op sy bed en pyn in sy menigte gebeentes
20sodat sy lewe nie tevrede is met brood nie en smag na kos.
21Sy vlees kwyn weg as gevolg van vrees sodat ’n groter deel van sy gebeente gesien kan word.
22Ja, hy kom nader aan vernietiging en sy lewe aan die dood.
23As ’n mens ’n boodskapper het, waarna iemand een uit ’n duisend keer sal luister, sal die boodskapper hom die pad van opregtheid wys
24en aan hom guns bewys en sê: ‘Bevry hierdie man dat hy nie vernietiging sal smaak nie; hy het verlossing gevind,’
25dan sal sy vlees verander soos die van sy kindertyd en hy sal terugkeer na die dae van sy jeug
26en hy sal bid tot God en Hy sal hom hoor en tevrede wees met hom en God sal by hom verskyn in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid, want hy sal aan die mens Sy onpartydige opregtheid gee,
27dan sal die opregtheid getuienis lewer aangaande die man en hy sal sê: ‘Ek het waarlik gesondig en is verkeerd en dit baat my nie;
28bevry my van vernietiging en my lewe sal die lig sien.’
29Let op, al hierdie dinge doen God drie keer met ’n mens,
30om sy lewe terug te bring van vernietiging en om die Lig van die lewe te sien.
31Draai jou oor, o Iyov, luister na my; wees stil en ek sal praat.
32As u iets het om te sê, antwoord my, want ek begeer dat u onskuldig verklaar sal word.
33Indien nie, luister en wees stil en ek sal vir u wysheid leer.”
S'ha seleccionat:
Iyov 33: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.