Iyov 25
25
1Toe het Bildad, die Shuagiet, geantwoord en gesê:
2“Heerskappy en respekvolle vrees is by Hom, Hy het vrede gemaak in Sy hoë plekke.
3Is daar enige getal aan Sy leërmagte en op wie skyn Sy lig nie?
4Hoe kan die mens dan regverdig verklaar word by God? Of hoe kan hy skuldloos verklaar word, hy wat uit ’n vrou gebore is?
5Let op, selfs die maan is nie helder nie; ja, die sterre is nie rein in Sy oë nie.
6Hoeveel minder die mens, wat stof is en die mensekind, wat ’n wurm is.”
S'ha seleccionat:
Iyov 25: PWL
Subratllat
Copia
Compara
Comparteix
Vols que els teus subratllats es desin a tots els teus dispositius? Registra't o inicia sessió
©Kopiereg 2025 deur Die Pad van Waarheid tot die Lewe Vertalings Projek.
Kopiereg op die inhoud behoort aan die Lewende, Skepper-God, YHWH, alleen. U is welkom om dit onveranderd te gebruik in enige leer of skrywe, met erkenning: “PWL” “PadWLewe” of “Die Pad van Waarheid tot die Lewe” vertaling.
Geen deel hiervan mag onder enige omstandighede, in enige formaat, verkoop word nie.
Sy Boodskap is gratis.