let op, dan sal die hand van יהוה teen jou beeste wat in die veld is, teen die perde, teen die donkies, teen die kamele, teen die osse en teen die kleinvee wees, met ’n baie swaar pes.
יהוה sal ’n onderskeid maak tussen die lewende hawe van die Yisra’eliete en die lewende hawe van die Mitzrayimiete sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die seuns van Yisra’el behoort nie.’”