Jy mag vir jou geen afgod of enige verpersoonliking maak van wat bo in die hemele is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie, want Ek, יהוה, jou God, is ’n jaloerse Magtige God wat die oortredinge van die vaders besoek aan die seuns, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat