Die woorde van `Amos, een van die skaapboere van T’koa, wat hy deur visioene aangaande Yisra’el in die dae van `Uziyah, koning van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, seun van Y’ho’ash, koning van Yisra’el, twee jaar voor die aardbewing, gesien het.
Hy het gesê: “יהוה brul uit Tziyon en verhef Sy stem uit Yerushalayim en die herders se weivelde treur en die top van Karmel droog uit.”