Daar is ses dinge wat יהוה haat, ja, die sewende is vir Hom verwerplik:
trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,
’n verstand, wil en emosie wat bose verbeeldings uitdink, voete wat haastig is om na die boosheid toe te hardloop,
’n valse getuie wat leuens vertel en tweedrag tussen broers saai.