PSALMS 123

123
Ek sien na U op
1'n Pelgrimslied.
Ek sien na U op,
U wat uit die hemel heers.
2Soos die oë van 'n slaaf
gerig is op die hand van sy eienaar,
soos die oë van 'n slavin
gerig is op die hand van haar eienares,
so is ons oë gerig op die Here ons God,
totdat Hy Hom oor ons ontferm.
3Ontferm U oor ons, Here, ontferm U oor ons,
want ons het meer as genoeg veragting gehad,
4meer as genoeg spot van oormoedige mense,
veragting van hovaardiges.

Цяпер абрана:

PSALMS 123: AFR83

Пазнака

Капіяваць

Параўнаць

Падзяліцца

None

Хочаце, каб вашыя адзнакі былі захаваны на ўсіх вашых прыладах? Зарэгіструйцеся або ўвайдзіце