Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Kenናሙና

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken

ቀን {{ቀን}} ከ7

In Filippense 1:27-30 gee Paulus sekere instruksies aan die kerk in Filíppi. Maak ‘n nuwe nota en skryf neer wat jy uit hierdie gedeelte leer. Wat moet hulle doen? Waarom? 

Lys in die nota wat jy uit hoofstuk 1 leer deur die sleutelwoorde evangelie en blydskap (verbly) waar te neem. Wat leer jy omtrent elkeen van hierdie woorde? Hoe word jy persoonlik hierdeur bedien? 

Jy het nou ’n week aan die waarneming van Filippense 1 bestee. Wat sou jy sê is die hoof-onderwerp of –lering van hierdie hoofstuk? 

Toepassing: Lewe jy waardig van die evangelie? Sal iemand na jou lewe kan kyk en sien dat Jesus in jou lewe is? Spandeer tyd in gebed met die Here met hierdie vrae.