Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.
Wees my genadig, o God, in u troue liefde,
wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!
Was my skoon van my skuld,
reinig my van my sonde!