Psalm 51:1-19

PSALMS 51:1-19 - Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba.

Wees my genadig, o God, in u troue liefde,
wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!
Was my skoon van my skuld,
reinig my van my sonde!
Ja, my oortredings ken ek
en van my sonde bly ek altyd bewus.
Teen U alleen het ek gesondig,
ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.
U uitspraak is dus reg
en u oordeel regverdig.
Ek was al skuldig toe ek gebore is,
met sonde belaai toe my moeder swanger geword het.

Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:
laat ek dan diep in my binneste weet
hoe U wil dat ek moet lewe.
Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees,
was my dat ek witter as sneeu kan wees.
Laat my weer blydskap en vreugde belewe.
U het my verbrysel; laat my weer jubel.
Moet tog nie ag slaan op my sondes nie,
wis al my skuld uit!
Skep vir my 'n rein hart, o God,
vernuwe my gees en maak my standvastig.
Moet my tog nie van U af wegdryf
en u Heilige Gees van my af wegneem nie!
Laat my weer die blydskap ervaar
van iemand wat deur U verlos is,
laat my U weer met toewyding dien.
Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag;
dat die sondaars hulle tot U sal bekeer.

Red my van ondergang, o God, my Redder,
dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad.
Here, gee my die woorde
om u lof te verkondig.

'n Offer vra U nie,
anders sou ek dit bring;
'n brandoffer wil U nie hê nie.
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:
U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel met Batseba. Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel. Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. Here, gee my die woorde om u lof te verkondig. 'n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; 'n brandoffer wil U nie hê nie. Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

PSALMS 51:1-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid