Laat hulle daarvoor boet, o God,
laat hulle deur hulle eie planne tot niet gaan.
Dryf hulle weg oor hulle baie sondes,
want hulle is opstandig teen U.
Maar laat almal wat by U skuil, bly wees,
laat hulle altyd jubel.
U beskerm dié wat u Naam liefhet,
en hulle juig oor U.