Vir die koorleier. 'n Gedig van die Koragiete.
Soos 'n wildsbok smag na waterstrome,
so smag ek na U, o God.
Ek dors na God, na die lewende God.
Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
Dag en nag is ek in trane,
want sonder ophou sê hulle vir my:
“En waar is jou God nou?”