As iemand die lewe liefhet
en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet,
moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat
en sy lippe van leuens.
Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is,
soek vrede en jaag dit na!
Die Here sorg vir die regverdiges
en luister na hulle hulpgeroep.