YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Psalms 27:7-14

PSALMS 27:7-14 - Luister tog na my, Here, as ek roep;
wees my genadig en verhoor my gebed.
Ek onthou wat U gesê het:
“Julle moet My kom dien!”
Ek is hier om U te dien, Here.
Moet U tog nie vir my verberg nie,
moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie,
want U was nog altyd my hulp.
Moet my tog nie verstoot en verlaat nie,
want U alleen is die God wat my red.
Al sou my vader en my moeder my verlaat,
die Here sal my onder sy sorg neem.

Leer my u wil, Here,
en lei my op 'n gelyk pad
sodat my vyande nie hulle sin kry nie.
Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie,
want daar staan vals getuies teenoor my
en hulle blaas geweld teen my aan.
As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!

Vertrou op die Here!
Wees sterk en hou goeie moed!
Ja, vertrou op die Here!

Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. Ek onthou wat U gesê het: “Julle moet My kom dien!” Ek is hier om U te dien, Here. Moet U tog nie vir my verberg nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog altyd my hulp. Moet my tog nie verstoot en verlaat nie, want U alleen is die God wat my red. Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem. Leer my u wil, Here, en lei my op 'n gelyk pad sodat my vyande nie hulle sin kry nie. Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie, want daar staan vals getuies teenoor my en hulle blaas geweld teen my aan. As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!

PSALMS 27:7-14

Psalms 27:7-14
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's