Proverbs 23:22-25

Wees gehoorsaam aan jou vader en moeder, jy is hulle kind; en moet hulle nie verag as hulle oud geword het nie. Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie; hou by wysheid, by selfbeheersing, by insig. 'n Vader van 'n kind wat reg doen, voel baie gelukkig; 'n wyse seun verskaf sy vader groot vreugde. Mag ook jóú vader dié vreugde hê, mag ook jóú moeder wat jou in die wêreld gebring het, so gelukkig wees!
SPREUKE 23:22-25