YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Micah 6:1-8

MIGA 6:1-8 - Hoor wat die Here sê:
Maak klaar, roep die berge as getuie,
laat die heuwels hoor wat jy te sê het.
Berge, vaste fondamente van die aarde,
julle moet luister na die saak wat die Here het.
Die Here het 'n saak teen sy volk,
Hy het Israel aangekla.

My volk, wat het Ek jou aangedoen?
Hoe het Ek jou moeg gemaak?
Antwoord My!
Ek het jou uit Egipte gebring,
Ek het jou uit die plek van slawerny gered,
Ek het vir Moses gestuur om jou te lei,
ook vir Aäron en Mirjam.

My volk, dink aan die planne van koning Balak van Moab,
en wat Bileam seun van Beor hom geantwoord het.
Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal,
en weet dat die Here julle die oorwinning laat behaal het.

Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan,
as ek voor die hoë God gaan kniel?
Moet ek met offers na Hom toe gaan,
met jaaroud kalwers?

Sal die Here duisende ramme aanvaar
saam met tienduisende offers van olie?
Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde,
hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding?

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Hoor wat die Here sê: Maak klaar, roep die berge as getuie, laat die heuwels hoor wat jy te sê het. Berge, vaste fondamente van die aarde, julle moet luister na die saak wat die Here het. Die Here het 'n saak teen sy volk, Hy het Israel aangekla. My volk, wat het Ek jou aangedoen? Hoe het Ek jou moeg gemaak? Antwoord My! Ek het jou uit Egipte gebring, Ek het jou uit die plek van slawerny gered, Ek het vir Moses gestuur om jou te lei, ook vir Aäron en Mirjam. My volk, dink aan die planne van koning Balak van Moab, en wat Bileam seun van Beor hom geantwoord het. Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal, en weet dat die Here julle die oorwinning laat behaal het. Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers? Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tienduisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding? Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

MIGA 6:1-8

Micah 6:1-8
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's