Die HERE, die Almagtige, sê:
“Bring al die tiendes
na die stoorkamers
sodat daar genoeg kos
in my tempel kan wees.
Toets My hierin of Ek nie vir julle
die vensters van die hemel
sal oopmaak nie.
Ek sal voorspoed
op julle laat reën
wat meer as genoeg
vir julle sal wees!”