Jeremiah 17:14-17

Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry Ú my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof. Die mense vra vir my: “Waar is die woord van die Here? Laat dit tog kom!” Maar omdat ek nie wou ophou om 'n herder te wees wat in u diens staan nie, het ek nie die onheilsdag nadergewens nie. U weet wat ek gesê het, dit is aan U bekend. Moet tog nie vir my 'n verskrikking word nie, want U is my toevlug op die dag van rampe.
JEREMIA 17:14-17