YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

Isaiah 55:1-7

JESAJA 55:1-7 - Kom, almal wat dors is, kom na die water toe,
selfs ook dié wat nie geld het nie, kom,
koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal,
wyn en melk.

Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie,
waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?
Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is
en versadig kan word met die beste wat daar is.
Gee aandag en kom na My toe,
luister, en julle sal lewe.
Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit,
Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid.
Ek het hom 'n getuie gemaak vir die volke,
'n regeerder en gebieder van volke.
Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie,
en nasies wat jou nie geken het nie,
sal na jou toe hardloop
ter wille van die Here jou God,
die Heilige van Israel,
omdat Hy jou in eer herstel het.

Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is,
roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.

Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan,
die slegte mens sy slegte planne.
Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees;
hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.

Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My, sodat julle kan eet wat goed is en versadig kan word met die beste wat daar is. Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe. Ek wil met julle 'n ewige verbond sluit, Ek wil my troue liefde aan julle betoon soos aan Dawid. Ek het hom 'n getuie gemaak vir die volke, 'n regeerder en gebieder van volke. Nou sal jy nasies ontbied wat jy nie geken het nie, en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop ter wille van die Here jou God, die Heilige van Israel, omdat Hy jou in eer herstel het. Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is. Die goddelose moet sy verkeerde pad laat staan, die slegte mens sy slegte planne. Hy moet hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom genadig wees; hy moet hom tot ons God bekeer, Hy vergewe altyd weer.

JESAJA 55:1-7

Isaiah 55:1-7
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's