Soekresultate vir: we all are sheep gone astray
JESAJA 53:6 (AFR83)
Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
1 PETRUS 2:25 (AFR83)
Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.
LUKAS 15:4 (AFR83)
“Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry.
PSALMS 23:1 (AFR83)
'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
PSALMS 23:2 (AFR83)
Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.
PSALMS 23:3 (AFR83)
Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.
PSALMS 23:4 (AFR83)
Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
PSALMS 23:5 (AFR83)
U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.
PSALMS 23:6 (AFR83)
U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
JOHANNES 10:11 (AFR83)
“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
JOHANNES 10:14 (AFR83)
“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My,
JEREMIA 50:6 (AFR83)
My volk was skape wat weggeraak het: hulle herders het hulle laat verdwaal, hulle in die berge laat rondswerf; die skape het van die een berg na die ander toe geloop en vergeet waar hulle rusplek is.
HEBREËRS 13:20 (AFR83)
God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring.
1 PETRUS 5:4 (AFR83)
En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.