Soekresultate vir: romans 8:28
ROMEINE 8:28 (AFR83)
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.
RIGTERS 8:28 (AFR83)
Die Midianiete was onderdanig aan Israel. Hulle het nie weer in opstand gekom nie, en daar was veertig jaar lank vrede in die land in die dae van Gideon.
ESRA 8:28 (AFR83)
Daarna het ek vir die twaalf priesters gesê: “Julle is aan die Here gewy, hierdie goed is ook aan Hom gewy. Die silwer en die goud is vrywillige gawes aan die Here die God van julle voorvaders.
EKSODUS 8:28 (AFR83)
Hierna sê die farao: “Dan laat ek julle nou maar gaan om in die woestyn vir julle God, die Here, te offer. Moet net nie te ver weg gaan nie, en bid vir my.”
LEVITIKUS 8:28 (AFR83)
Moses het dit toe by hulle geneem en dit op die altaar bo-op die brandoffer verbrand. Die offer waarmee die priesters gewy is, was 'n offer wat deur die Here aanvaar is. Dit was 'n vuuroffer wat vir die Here aangebied is.
JOSUA 8:28 (AFR83)
Josua het Ai afgebrand en daarvan vir altyd 'n verlate ruïne gemaak. Dit is nou nog so.
SPREUKE 8:28 (AFR83)
toe Hy die wolke daarbo gesit het, die fonteine onder die diep water laat uitborrel het.
MATTEUS 8:28 (AFR83)
Toe Jesus aan die oorkant in die land van die Gadareners kom, het twee mense wat in die mag van bose geeste was, Hom van die grafte af tegemoet gekom. Hulle was baie gevaarlik, sodat niemand dit langs daardie pad kon waag nie.
MARKUS 8:28 (AFR83)
Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.”
LUKAS 8:28 (AFR83)
Toe hy Jesus sien, skreeu hy en val op sy knieë voor Hom neer terwyl hy hard uitroep: “Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U, moet my nie pynig nie!”
JOHANNES 8:28 (AFR83)
Daarna sê Jesus vir hulle: “Eers wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, sal julle begryp dat Ek is wat Ek is, en dat Ek niks uit my eie doen nie, maar net verkondig wat die Vader My geleer het.
HANDELINGE 8:28 (AFR83)
Hy was nou op pad terug en het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja.
1 KONINGS 8:28 (AFR83)
“Hoor tog, Here my God, die gebed van u dienaar, hoor sy smeking, luister na die hulpgeroep, die gebed wat u dienaar vandag tot U rig.
1 KRONIEKE 8:28 (AFR83)
Hierdie manne was die familiehoofde volgens hulle stamboom. Hulle was leiers en het in Jerusalem gewoon.
2 KONINGS 8:28 (AFR83)
Saam met Joram seun van Agab het hy opgeruk om te veg teen koning Gasael van Aram by Ramot in Gilead. Die Arameërs het vir Joram daar gewond.
EKSODUS 28:8 (AFR83)
Dit moet ook 'n gordel hê van dieselfde gehalte en daarvoor moet ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik word.
NUMERI 28:8 (AFR83)
Julle moet die tweede lam teen die aand offer, met dieselfde hoeveelheid meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.”
JOB 28:8 (AFR83)
roofdiere loop nie daar nie, die leeu gaan nie daarlangs nie.
PSALMS 28:8 (AFR83)
Die Here is 'n sterkte vir sy volk, 'n veilige beskutting vir sy gesalfde.
GENESIS 28:8 (AFR83)
het Esau geweet dat sy pa Isak nie van die Kanaänitiese meisies gehou het nie.
DEUTERONOMIUM 28:8 (AFR83)
“Die Here sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee.
JEREMIA 28:8 (AFR83)
Die profete uit die dae voor jou en my het lankal vir baie lande en oor groot koninkryke oorlog en rampe en peste aangekondig.
ESEGIËL 28:8 (AFR83)
Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van 'n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see.
MATTEUS 28:8 (AFR83)
Hulle het toe haastig van die graf af weggegaan, bang maar baie bly, en hulle het gehardloop om dit aan die dissipels te vertel.
HANDELINGE 28:8 (AFR83)
Publius se pa was in die bed, siek aan maagkoors. Paulus het na hom toe gegaan, en nadat hy gebid het, het hy hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.