Soekresultate vir: purchase Arizona Driver

MATTEUS 6:33 (AFR83)

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

SPREUKE 3:9 (AFR83)

Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes,

SPREUKE 3:10 (AFR83)

dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

PSALMS 37:4 (AFR83)

Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.

PSALMS 37:5 (AFR83)

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

PSALMS 37:23 (AFR83)

Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.

PSALMS 37:24 (AFR83)

As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.

PSALMS 23:1 (AFR83)

'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

PSALMS 23:2 (AFR83)

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

PSALMS 23:3 (AFR83)

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

PSALMS 23:4 (AFR83)

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

PSALMS 23:5 (AFR83)

U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

PSALMS 23:6 (AFR83)

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

JESAJA 58:11 (AFR83)

Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

JEREMIA 29:11 (AFR83)

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

JEREMIA 29:12 (AFR83)

Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.

JEREMIA 29:13 (AFR83)

Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

SPREUKE 16:3 (AFR83)

Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.

SPREUKE 16:9 (AFR83)

'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.

SPREUKE 22:29 (AFR83)

Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie.

PSALMS 5:12 (AFR83)

Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U.

PSALMS 55:22 (AFR83)

Sy tong is gladder as botter, maar daar is oorlog in sy hart; sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.