Soekresultate vir: psalm 34:18

ESEGIËL 34:18 (AFR83)

Party van julle het die beste gras afgewei en boonop wat oorgebly het, vertrap. Julle het skoon water gedrink en wat oorgebly het, vuil gemaak.

GENESIS 34:18 (AFR83)

Gamor en sy seun Sigem het hiertoe ingestem.

EKSODUS 34:18 (AFR83)

“Julle moet die fees van die ongesuurde brood vier. Soos Ek julle beveel het, moet julle sewe dae ongesuurde brood eet, van die vasgestelde dag van die maand Abib af, want dit is die dag waarop julle uit Egipte weggetrek het.

JOB 34:18 (AFR83)

Hy sê selfs vir 'n koning: ‘Jy is niks werd nie’ en vir vername mense: ‘Julle is sleg.’

PSALMS 34:18 (AFR83)

As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.

JEREMIA 34:18 (AFR83)

Elkeen wat hom nie gesteur het aan die verbond met My en die voorwaardes van die ooreenkoms wat hulle in my teenwoordigheid aangegaan het, nie nagekom het nie, sal Ek maak soos die kalf wat julle met die verbondsluiting in twee stukke gesny en toe daartussendeur geloop het.

NUMERI 34:18 (AFR83)

Stel een leier uit elke stam aan om die land te help verdeel.

2 KRONIEKE 34:18 (AFR83)

Die staatsekretaris Safan het ook aan die koning die mededeling gedoen: “Die priester Gilkija het my 'n boek gegee,” en Safan het vir die koning gelees wat daarin staan.

JOHANNES 18:34 (AFR83)

Jesus het hom toe gevra: “Vra u dit uit u eie, of het ander dit vir u van My gesê?”

MATTEUS 18:34 (AFR83)

Die koning was woedend en het hom oorgegee om gemartel te word totdat hy al die skuld betaal het.

LUKAS 18:34 (AFR83)

Maar van hierdie dinge het hulle niks begryp nie. Die woorde was vir hulle duister, en hulle het nie verstaan waaroor Hy praat nie.

PSALMS 18:34 (AFR83)

Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat Hy my stewig staan.

2 KONINGS 18:34 (AFR83)

Waar is die gode van Hamat en Arpad? Waar is die gode van Sefarwajim, Hena en Awwa? Kon hulle Samaria uit my mag bevry?

2 KRONIEKE 18:34 (AFR83)

Die geveg was dié dag egter so hewig dat die koning van Israel tot die aand toe op sy strydwa moes bly staan in die geveg teen die Arameërs. Teen laatmiddag is hy dood.

1 KONINGS 18:34 (AFR83)

Toe beveel hy: “Maak vier kruike vol water en gooi dit uit op die brandoffer en op die hout.” Daarna sê hy: “Doen dit weer,” en hulle het dit nog 'n keer gedoen. Toe sê hy: “Doen dit 'n derde keer,” en hulle het weer so gemaak.

PSALMS 34:1 (AFR83)

'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.

PSALMS 34:10 (AFR83)

Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen gebrek nie.

PSALMS 34:11 (AFR83)

Selfs leeus ly gebrek en kry honger, maar wie die Here se hulp vra, kom niks kort van al die goeie dinge nie.

PSALMS 34:12 (AFR83)

Kom, kinders, luister na my! Ek wil julle leer hoe om die Here te dien.

PSALMS 34:13 (AFR83)

As iemand die lewe liefhet en 'n lang lewe begeer om die goeie te geniet,

PSALMS 34:14 (AFR83)

moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens.

PSALMS 34:15 (AFR83)

Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

PSALMS 34:16 (AFR83)

Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.

PSALMS 34:17 (AFR83)

Maar Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan hulle van die aarde af.

PSALMS 34:19 (AFR83)

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.