Soekresultate vir: psalm 138:8

PSALMS 138:8 (AFR83)

Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

PSALMS 138:1 (AFR83)

Van Dawid. Ek wil U met my hele hart loof. Laat die gode maar hoor; dit is tot u eer dat ek sing.

PSALMS 138:2 (AFR83)

Ek wil na u heilige tempel toe buig en u Naam roem om u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alles gestel.

PSALMS 138:3 (AFR83)

Toe ek na U geroep het, het U my gebed verhoor en my nuwe krag gegee.

PSALMS 138:4 (AFR83)

Al die konings van die aarde sal U loof, Here, wanneer hulle u woord hoor,

PSALMS 138:5 (AFR83)

hulle sal sing oor wat die Here gedoen het, want die mag van die Here is groot.

PSALMS 138:6 (AFR83)

Ja, al is die Here hoog verhewe, Hy gee om vir die nederige, maar Hy sien van ver af deur die hoogmoedige.

PSALMS 138:7 (AFR83)

As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my.

PSALMS 38:8 (AFR83)

want my lyf brand van die koors en daar is nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie.

ESEGIËL 38:8 (AFR83)

Jy sal na 'n lang tyd, in die verre toekoms, bevel kry en na 'n land toe gaan wat herstel is ná oorlog en waar baie mense weer tussen ander volke uit bymekaargebring is, daar op die berge van Israel wat so lank verwoes gelê het. Die mense is tussen die volke uit teruggebring en hulle woon almal veilig.

GENESIS 38:8 (AFR83)

Toe sê Juda vir Onan: “Gaan na jou broer se weduwee toe, jou skoonsuster, en trou met haar, en sorg dat daar kinders gebore word vir jou broer.”

JOB 38:8 (AFR83)

Wie het die see opgedam toe hy begin uitborrel het?

JEREMIA 38:8 (AFR83)

en Ebed-Melek het uit die paleis uit na die koning toe gegaan en vir hom gesê:

EKSODUS 38:8 (AFR83)

Besaleël het 'n bronswaskom met 'n bronsvoetstuk gemaak van bronsspieëls wat gekom het van die vroue wat by die deur van die tent van ontmoeting werk.

JESAJA 38:8 (AFR83)

Ek sal die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas se sonwyser afgesak het, tien trappe laat terugskuif.” En die son het tien trappe teruggeskuif op die trappe waarop dit reeds afgesak het.

PSALMS 1:2 (AFR83)

maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.

PSALMS 1:6 (AFR83)

Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.

PSALMS 2:2 (AFR83)

Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê:

PSALMS 2:7 (AFR83)

Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader.

PSALMS 2:8 (AFR83)

Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.

PSALMS 2:12 (AFR83)

en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek.

PSALMS 2:1 (AFR83)

Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs?

PSALMS 1:3 (AFR83)

Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

PSALMS 3:5 (AFR83)

As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela

PSALMS 3:6 (AFR83)

As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid