Soekresultate vir: fake Philippine driver

PSALMS 1:1 (AFR83)

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,

PSALMS 1:2 (AFR83)

maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.

PSALMS 1:3 (AFR83)

Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

PSALMS 1:4 (AFR83)

So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.

PSALMS 1:5 (AFR83)

Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.

PSALMS 1:6 (AFR83)

Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.

SPREUKE 3:1 (AFR83)

My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf,

SPREUKE 3:2 (AFR83)

want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy 'n vol lewe het.

SPREUKE 3:3 (AFR83)

Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe.

SPREUKE 3:4 (AFR83)

So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens.

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

SPREUKE 3:6 (AFR83)

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

SPREUKE 3:7 (AFR83)

Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is:

SPREUKE 3:8 (AFR83)

dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

SPREUKE 3:9 (AFR83)

Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes,

SPREUKE 3:10 (AFR83)

dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

SPREUKE 3:11 (AFR83)

My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie,

SPREUKE 3:12 (AFR83)

want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun.

JESAJA 41:10 (AFR83)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

JESAJA 41:11 (AFR83)

Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom.

JESAJA 41:12 (AFR83)

Jy sal dié soek wat teen jou veg, maar hulle sal nêrens te vinde wees nie; dié wat teen jou oorlog maak, sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie.

JESAJA 41:13 (AFR83)

Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.

JEREMIA 29:11 (AFR83)

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!

JEREMIA 29:12 (AFR83)

Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.

JEREMIA 29:13 (AFR83)

Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.