Soekresultate vir: exodus 17
EKSODUS 17:1 (AFR83)
Nadat die hele volk Israel uit die Sinwoestyn vertrek het, het hulle op bevel van die Here van plek tot plek gegaan totdat hulle by Refidim kamp opgeslaan het. Maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.
EKSODUS 17:2 (AFR83)
Toe het die volk met Moses rusie gemaak en gesê: “Gee jý vir ons water om te drink!” En Moses antwoord hulle: “Waarom maak julle rusie met my? Waarom stel julle die geduld van die Here op die proef?”
EKSODUS 17:3 (AFR83)
Maar die volk was dors en hulle het vir Moses verwyt: “Waarom het jy ons uit Egipte laat optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?”
EKSODUS 17:4 (AFR83)
Daarna het Moses tot die Here geroep: “Wat moet ek met hierdie volk aanvang? Netnou gooi hulle my met klippe dood.”
EKSODUS 17:5 (AFR83)
Toe sê die Here vir Moses: “Loop voor die volk verby en neem van die leiers van Israel saam. Vat ook die kierie waarmee jy op die Nyl se water geslaan het, en stap vooruit.
EKSODUS 17:6 (AFR83)
Ek sal daar reg voor jou op die rots by Horeb staan. Dan moet jy teen die rots slaan, en daar sal water uitloop vir die volk om te drink.” Moses het dit toe gedoen voor die oë van die leiers van Israel.
EKSODUS 17:7 (AFR83)
Hy het die plek Massa en Meriba genoem omdat die Israeliete daar met Moses rusie gemaak het en ook omdat hulle die geduld van die Here op die proef gestel het toe hulle gesê het: “Is die Here by ons of nie?”
EKSODUS 17:8 (AFR83)
Toe die Amalekiete by Refidim teen Israel kom veg het,
EKSODUS 17:9 (AFR83)
het Moses vir Josua gesê: “Kies vir ons manskappe en gaan veg môre teen die Amalekiete. Dan sal ek op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God my gegee het, in my hand.”
EKSODUS 17:10 (AFR83)
Josua het toe gedoen wat Moses vir hom gesê het en hy het teen die Amalekiete gaan veg. Moses, Aäron en Hur het tot op die top van die heuwel uitgeklim.
EKSODUS 17:11 (AFR83)
Solank Moses sy hand opgehou het, was Israel die sterkste, en wanneer sy hand gesak het, die Amalekiete.
EKSODUS 17:12 (AFR83)
Maar Moses se arms het begin moeg word. Hulle het toe 'n klip gevat en dit agter hom neergesit sodat hy daarop kon gaan sit. Aäron en Hur het sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het tot sononder.
EKSODUS 17:13 (AFR83)
Josua het die Amalekiete heeltemal verslaan.
EKSODUS 17:14 (AFR83)
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Skryf hierdie woorde op in 'n boek as 'n blywende herinnering en lees dit vir Josua voor: Ek wil die Amalekiete heeltemal van die aarde af verdelg.”
EKSODUS 17:15 (AFR83)
Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: “Die Here gee my die oorwinning.”
EKSODUS 17:16 (AFR83)
Verder het Moses gesê: “Dit is die gedenkteken vir die oorwinning wat die Here gee. Die Here voer oorlog teen Amalek van geslag tot geslag.”
EKSODUS 23:17 (AFR83)
“Drie keer per jaar moet alle mans voor My, die Here God, verskyn.
EKSODUS 37:17 (AFR83)
Hy het ook 'n kandelaar van suiwer goud gemaak. Die kandelaar se voetstuk, stam, blomkelke, knoppe en kroonblare is van geslae goud gemaak sodat dit alles een geheel was.
EKSODUS 38:17 (AFR83)
Die voetstukke vir die style was van brons, hulle kramme en gordynstokke van silwer. Hulle kopstukke was met silwer oorgetrek. Al die style van die voorhof het silwergordynstokke gehad.
EKSODUS 39:17 (AFR83)
en aan elkeen van hierdie ringe aan die hoeke van die borssak is 'n goue kettinkie vasgemaak.
EKSODUS 40:17 (AFR83)
Op die eerste dag van die eerste maand van die tweede jaar na die uittog is die tabernakel opgerig.
EKSODUS 1:17 (AFR83)
Maar die vroedvroue het God gedien en nie gemaak soos die Egiptiese koning hulle beveel het nie: hulle het die seuntjies laat lewe.
EKSODUS 2:17 (AFR83)
Toe daar veewagters aankom en die dogters wegjaag, het Moses opgestaan en hulle gehelp en hulle kleinvee laat suip.
EKSODUS 3:17 (AFR83)
Ek het besluit om julle te laat wegtrek uit die ellende van Egipte na die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, na 'n land wat oorloop van melk en heuning.’
EKSODUS 4:17 (AFR83)
Hou nou die kierie waarmee jy die tekens moet gaan doen, by jou.”