Soekresultate vir: exodus 15:1
EKSODUS 15:1 (AFR83)
Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is. Perd en strydwa het Hy in die see geslinger.
EKSODUS 15:10 (AFR83)
“U laat u wind waai: die see oordek hulle, hulle sink soos lood in die magtige waters.
EKSODUS 15:11 (AFR83)
Wie van die gode is soos U, Here? Wie is soos U, so hoog geëer en heilig? In lofsange word U vereer, Bewerker van wonderdade!
EKSODUS 15:12 (AFR83)
U het u regterhand uitgesteek; die aarde het die vyand ingesluk.
EKSODUS 15:13 (AFR83)
Deur u trou het U die volk gelei wat deur U verlos is, hulle deur u krag gebring na u gewyde land toe.
EKSODUS 15:14 (AFR83)
Die volke het dit gehoor en hulle het gesidder, angs het die bewoners van Filistea beetgepak,
EKSODUS 15:15 (AFR83)
die stamhoofde van Edom was verskrik, die magtiges van Moab vreesbevange, al die bewoners van Kanaän was lam geskrik.
EKSODUS 15:16 (AFR83)
Vrees en angs het hulle oorval, u magtige dade het hulle laat versteen toe u volk deurtrek, Here, toe die volk wat U u eie gemaak het, deurtrek.
EKSODUS 15:17 (AFR83)
U het hulle ingebring, U het hulle geplant op die berg wat aan U behoort. Here, U het 'n plek vir u troon voorberei, u hande, Here, het 'n gewyde plek gereed gemaak.
EKSODUS 15:18 (AFR83)
Die Here regeer tot in ewigheid!”
EKSODUS 15:19 (AFR83)
Waarlik, toe die perde van die farao met strydwaens en bemanning die see ingegaan het, het die Here die water van die see oor hulle laat terugvloei, maar die Israeliete het op droë grond daardeur gegaan.
EKSODUS 15:2 (AFR83)
Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders, Hom prys ek.
EKSODUS 15:3 (AFR83)
Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is ‘die Here’!
EKSODUS 15:4 (AFR83)
Die strydwaens van die farao en ook sy leër het Hy in die see geslinger. Die keur van Egipte se offisiere is in die Rietsee gedompel.
EKSODUS 15:5 (AFR83)
Watermassas het hulle oordek, soos 'n klip het hulle in die dieptes afgesak.
EKSODUS 15:6 (AFR83)
U regterhand, Here, gedug in sy krag, u regterhand, Here, verpletter die vyand.
EKSODUS 15:7 (AFR83)
U is hoog verhewe, U vernietig wie teen U opstaan, U laat u toorn woed, dit verteer hulle soos kaf.
EKSODUS 15:8 (AFR83)
U wind het gewaai: die water dam op, strome staan regop soos 'n muur, watermassas stol in die hart van die see.
EKSODUS 15:9 (AFR83)
Die vyand sê: ‘Ek sal hulle agtervolg en inhaal, ek sal die buit verdeel, ek sal my sin kry, ek sal my swaard trek, my hand sal hulle verslaan.’
EKSODUS 15:20 (AFR83)
Mirjam die profetes, suster van Aäron, het 'n tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agternageloop en gedans.
EKSODUS 15:21 (AFR83)
Mirjam het vir hulle voorgesing: “Sing tot eer van die Here omdat Hy hoog verhewe is. Perd en ruiter het Hy in die see geslinger.”
EKSODUS 15:22 (AFR83)
Moses het die Israeliete laat wegtrek van die Rietsee af en hulle het na die Surwoestyn toe gegaan. Hulle het drie dae lank die woestyn in getrek en geen water gekry nie.
EKSODUS 15:23 (AFR83)
Toe hulle by Mara aankom, kon hulle nie die water drink nie, omdat dit bitter was. Daarom het hulle die plek Mara genoem.
EKSODUS 15:24 (AFR83)
Die volk het by Moses gekla: “Wat moet ons drink?”
EKSODUS 15:25 (AFR83)
Moses het die Here aangeroep, en die Here het hom 'n stuk hout gewys. Hy het dit toe in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het die Here die volk op die proef gestel en daar het Hy vir hulle 'n vaste reël neergelê.