Soekresultate vir: ephesians 6:12
EFESIËRS 6:12 (AFR83)
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.
MATTEUS 6:12 (AFR83)
en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;
GALASIËRS 6:12 (AFR83)
Daardie mense wat so daarop aandring dat julle julle ook moet laat besny, wil maar net uiterlik 'n goeie indruk maak, sodat hulle nie vervolg sou word ter wille van die kruis van Christus nie.
AMOS 6:12 (AFR83)
Perde kan tog nie op 'n klipplaat galop nie! 'n Mens ploeg tog nie die see met osse nie! Hoe maak julle dan van die reg iets wat giftig is, van regspraak 'n bitter saak?
MIGA 6:12 (AFR83)
Die stad se ryk mense pleeg geweld, sy inwoners lieg en hulle bedrieg.
LUKAS 6:12 (AFR83)
In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God.
JOHANNES 6:12 (AFR83)
Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels: “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie.”
ROMEINE 6:12 (AFR83)
Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie.
HEBREËRS 6:12 (AFR83)
Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.
PREDIKER 6:12 (AFR83)
Wie weet wat vir die mens goed is in die lewe, in die dae wat tot niks lei nie, wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Wie kan vir 'n mens sê wat ná hom in hierdie wêreld sal gebeur?
DANIËL 6:12 (AFR83)
Daniël se vyande het in sy huis ingestorm en hom daar gekry waar hy sy God aanbid en Hom om genade smeek.
SAGARIA 6:12 (AFR83)
Dan moet jy vir hom sê: So sê die Here die Almagtige: Daar is 'n man met die naam Loot . Hy maak vinnig opgang en hy sal die tempel van die Here bou.
MARKUS 6:12 (AFR83)
Hulle het toe gaan verkondig dat die mense hulle moet bekeer.
HANDELINGE 6:12 (AFR83)
Hulle het die volk en die familiehoofde en die skrifgeleerdes opgesweep. Dié het op hom afgestorm, hom gegryp en voor die Joodse Raad gebring
GENESIS 6:12 (AFR83)
Hy het die aarde gesien: dit was korrup, elke mens op aarde se lewe was verrot.
LEVITIKUS 6:12 (AFR83)
Die vuur op die altaar word aan die brand gehou; dit mag nie doodgaan nie. Die priester pak elke môre hout op die vuur, lê die brandoffer daarop en verbrand op die altaar die vet van die maaltydoffers.
JOSUA 6:12 (AFR83)
Die volgende môre het Josua vroeg begin. Die priesters het die ark van die Here gedra.
RIGTERS 6:12 (AFR83)
Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!”
ESTER 6:12 (AFR83)
Daarna is Mordegai terug na die poort van die paleis toe, maar Haman is haastig huis toe, ontnugter en skaam.
JOB 6:12 (AFR83)
Is ek dan so sterk soos klip, is ek van brons gemaak?
ESRA 6:12 (AFR83)
Mag die God wat sy Naam op daardie plek laat woon, elke koning en elke volk tot 'n val bring wat hierdie bevel oortree of 'n hand lig om daardie tempel in Jerusalem te beskadig. Ek, Darius, het opdrag gegee. Dit moet presies so uitgevoer word!”
NEHEMIA 6:12 (AFR83)
Ek het toe geweet dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy dié voorspelling teen my gemaak het omdat Tobija en Sanballat hom omgekoop het.
SPREUKE 6:12 (AFR83)
Dit is 'n nikswerd mens, 'n mens vol onreg, wat altyd reg is om te lieg,
HOOGLIED 6:12 (AFR83)
Ek ken myself nie, dit is of sy my laat ry op die strydwa van die keur van my volk.”
JESAJA 6:12 (AFR83)
totdat Ek, die Here, die mense ver weggevoer het, en die land heeltemal verlate is.