Soekresultate vir: ephesians 3:20
EFESIËRS 3:20 (AFR83)
Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,
GENESIS 3:20 (AFR83)
Die mens het sy vrou Eva genoem; sy was die moeder van al die mense.
NUMERI 3:20 (AFR83)
Die Merarigroep was Magli en Musi. Dit was die afstammelinge van Levi volgens familieverband.
DEUTERONOMIUM 3:20 (AFR83)
Julle moet saam met julle volksgenote trek totdat die Here ook aan hulle, soos aan julle, 'n veilige woonplek gegee het, en ook húlle die land wat die Here julle God vir hulle sal gee, die land wes van die Jordaan, in besit geneem het.”
RIGTERS 3:20 (AFR83)
Ehud het nader gekom na die koning toe waar hy gesit het in sy koel bovertrek wat net vir hom bedoel was, en vir hom gesê: “Ek het 'n boodskap van God vir u.” Hy het toe opgestaan van sy troon af,
FILIPPENSE 3:20 (AFR83)
Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.
JOËL 3:20 (AFR83)
Maar Juda sal sonder ophou bewoon word en Jerusalem vir altyd.
HANDELINGE 3:20 (AFR83)
En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is.
ROMEINE 3:20 (AFR83)
Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer 'n mens wat sonde is.
GALASIËRS 3:20 (AFR83)
Maar as daar net één is wat handel, is 'n tussenganger nie nodig nie, en God ís net een.
KOLOSSENSE 3:20 (AFR83)
Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo.
PREDIKER 3:20 (AFR83)
Almal is op pad na dieselfde plek toe, almal is van stof en almal word weer stof.
JESAJA 3:20 (AFR83)
en hooftooisels, voetkettinkies, versierde gordels, reukwater en gelukbringertjies,
KLAAGLIEDERE 3:20 (AFR83)
as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas.
ESEGIËL 3:20 (AFR83)
“En wanneer iemand wat tot dusver reg gelewe het, die regte lewe laat vaar en onreg doen, en Ek bring hom tot 'n val, sal hy sterwe. Omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterf en sal die goeie dinge wat hy gedoen het, nie onthou word nie, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood.
DANIËL 3:20 (AFR83)
Daarna het hy van die sterkste manne in sy lyfwag beveel om vir Sadrag, Mesag en Abednego vas te bind en hulle in die brandende oond te gooi.
SEFANJA 3:20 (AFR83)
Wanneer die tyd daar is, laat Ek julle kom, maak Ek julle bymekaar en gee Ek aan julle roem en eer onder al die volke op aarde; dit is die tyd wanneer Ek julle lot verander, julle sal dit met julle eie oë sien, sê die Here.
MARKUS 3:20 (AFR83)
Daarna het Jesus huis toe gegaan. 'n Menigte mense het weer saamgedrom, sodat daar selfs nie geleentheid was om 'n stukkie te eet nie.
LUKAS 3:20 (AFR83)
Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit.
JOHANNES 3:20 (AFR83)
Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie.
EKSODUS 3:20 (AFR83)
Dan sal Ek my hand uitsteek en Egipte teister met die wonderdade wat Ek in hom sal doen. Eers daarna sal die farao julle laat gaan.
NEHEMIA 3:20 (AFR83)
Die volgende deel is herstel deur Baruk seun van Sabbai, van die draai af tot by die ingang na die hoëpriester Eljasib se huis.
JOB 3:20 (AFR83)
“Waarom moes God dan die lewenslig gee aan 'n man wat net swaar kry, waarom moes Hy lewe gee aan 'n man wat so bitter ly,
SPREUKE 3:20 (AFR83)
Deur sy kennis is die groot waters van mekaar geskei en drup die wolke van vog.
JEREMIA 3:20 (AFR83)
Maar soos 'n vrou wat ontrou is aan haar man, so was julle, Israel, ontrou aan My, sê die Here.