Soekresultate vir: Romeine 8:29

ROMEINE 8:31 (AFR83)

Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?

ROMEINE 8:6 (AFR83)

Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.

ROMEINE 8:7 (AFR83)

Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie.

ROMEINE 8:8 (AFR83)

Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.

ROMEINE 8:11 (AFR83)

Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

ROMEINE 8:3 (AFR83)

Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel.

ROMEINE 8:38 (AFR83)

Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte

ROMEINE 8:4 (AFR83)

Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

ROMEINE 8:5 (AFR83)

Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees.

ROMEINE 8:9 (AFR83)

Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.

ROMEINE 8:13 (AFR83)

As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe.

ROMEINE 8:32 (AFR83)

Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

ROMEINE 8:34 (AFR83)

Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

ROMEINE 8:35 (AFR83)

Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?

ROMEINE 3:29 (AFR83)

Of is God net God van die Jode, nie ook van die heidennasies nie? Ja, ook van die heidennasies,

ROMEINE 1:29 (AFR83)

Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en

ROMEINE 2:29 (AFR83)

Nee, hy is 'n Jood wat dit innerlik is, en dit is besnedenheid wat in die hart gedoen is deur die Gees, nie volgens die wetsvoorskrifte nie. So iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.

ROMEINE 9:29 (AFR83)

So het Jesaja trouens al vroeër gesê: “As die Here, die Almagtige, nie vir ons 'n klompie laat oorbly het nie – soos met Sodom sou dit met ons gegaan het, soos Gomorra sou ons uitgewis gewees het.”

ROMEINE 15:29 (AFR83)

Ek weet dat as ek na julle toe kom, dit met die volle seën van Christus sal wees.

ROMEINE 11:29 (AFR83)

As God eenmaal aan mense sy genadegawes geskenk en hulle geroep het, trek Hy dit nooit weer terug nie.

ROMEINE 14:8 (AFR83)

As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

ROMEINE 1:8 (AFR83)

Allereers dank ek my God deur Jesus Christus oor julle almal, want in die hele wêreld praat die mense oor julle geloof.

ROMEINE 2:8 (AFR83)

maar dié wat uit selfsug ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.

ROMEINE 4:8 (AFR83)

Geseënd is die mens vir wie die Here die sonde nie toereken nie.”

ROMEINE 9:8 (AFR83)

Dit wil sê: Dit is nie die kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore is, wat kinders van God is nie; dit is die kinders wat kragtens die belofte van God gebore is, wat as Abraham se nageslag gereken word.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid