Soekresultate vir: Rev. 22:8-9
DIE OPENBARING 22:1 (AFR83)
Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit.
DIE OPENBARING 22:2 (AFR83)
Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.
DIE OPENBARING 22:3 (AFR83)
Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien.
DIE OPENBARING 22:4 (AFR83)
Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.
DIE OPENBARING 22:5 (AFR83)
Daar sal nie meer nag wees nie. Die mense het nie die lig van 'n lamp en die lig van die son nodig nie, omdat die Here God hulle sal verlig, en hulle sal tot in alle ewigheid regeer.
DIE OPENBARING 22:6 (AFR83)
Toe sê die engel vir my: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.”
DIE OPENBARING 22:7 (AFR83)
Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.”
DIE OPENBARING 22:8 (AFR83)
Dit is ek, Johannes, wat dit alles gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek voor die voete van die engel wat dit alles vir my gewys het, op my knieë neergeval om hom te aanbid.
DIE OPENBARING 22:9 (AFR83)
“Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges, die profete en dié wat die woorde van hierdie boek ter harte neem. Aanbid God!”
DIE OPENBARING 22:10 (AFR83)
Verder sê hy vir my: “Moenie die woorde van hierdie profetiese boek geheim hou nie, want die eindtyd is naby.
DIE OPENBARING 22:11 (AFR83)
Wie kwaad doen, moet voortgaan om kwaad te doen, en wie vuil is, moet vuil bly; maar wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly.”
DIE OPENBARING 22:12 (AFR83)
Jesus sê toe weer: “Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.
DIE OPENBARING 22:13 (AFR83)
Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde.
DIE OPENBARING 22:14 (AFR83)
“Geseënd is dié wat hulle klere was, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en deur die poorte in die stad kan ingaan.
DIE OPENBARING 22:21 (AFR83)
Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.
DIE OPENBARING 22:15 (AFR83)
Buitekant is die dwaalleraars, die bedrieërs en die onsedelikes, die moordenaars en die afgodsdienaars en almal wat valsheid liefhet en doen.
DIE OPENBARING 22:16 (AFR83)
“Ek, Jesus, het my engel gestuur om dit alles aan julle in die gemeentes te betuig. Ek is die Wortel, dit is, die Nakomeling van Dawid. Ek is die helder Môrester.”
DIE OPENBARING 22:17 (AFR83)
Die Gees en die bruid sê: “Kom!” En elkeen wat dit hoor, moet sê: “Kom!” En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!
DIE OPENBARING 22:18 (AFR83)
Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is;
DIE OPENBARING 22:19 (AFR83)
en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.
DIE OPENBARING 22:20 (AFR83)
Hy wat dit alles getuig, sê: “Ja, Ek kom gou!” Amen! Kom, Here Jesus!
DIE OPENBARING 21:22 (AFR83)
'n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam.
DIE OPENBARING 2:22 (AFR83)
Kyk, Ek gee haar aan 'n siekbed oor, en die mense wat met haar owerspel gepleeg het, aan swaar lyding – as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie.
DIE OPENBARING 3:22 (AFR83)
Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.
DIE OPENBARING 18:22 (AFR83)
Die musiek van siterspelers en sangers, van fluitspelers en trompetblasers sal nooit weer in jou gehoor word nie. Geen ambagsman van watter ambag ook al sal ooit weer in jou gekry word nie. Die gedreun van 'n meul sal nooit weer in jou gehoor word nie.