Soekresultate vir: Psalms 34:4-5

PSALMS 34:4 (AFR83)

Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.

PSALMS 34:5 (AFR83)

Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.

PSALMS 4:5 (AFR83)

As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Sela

PSALMS 5:4 (AFR83)

U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.

PSALMS 22:25 (AFR83)

Die nood van die hulpelose het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie, Hom daarvan nie teruggetrek nie, maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor.

PSALMS 22:27 (AFR83)

By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys. Mag hulle lank en gelukkig lewe.

PSALMS 23:2 (AFR83)

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

PSALMS 23:3 (AFR83)

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

PSALMS 23:5 (AFR83)

U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

PSALMS 24:1 (AFR83)

'n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here,

PSALMS 1:2 (AFR83)

maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.

PSALMS 1:6 (AFR83)

Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.

PSALMS 2:2 (AFR83)

Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê:

PSALMS 2:7 (AFR83)

Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader.

PSALMS 2:8 (AFR83)

Vra My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.

PSALMS 2:12 (AFR83)

en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met almal wat by Hom skuiling soek.

PSALMS 2:1 (AFR83)

Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit tevergeefs?

PSALMS 1:3 (AFR83)

Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

PSALMS 3:5 (AFR83)

As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af. Sela

PSALMS 3:6 (AFR83)

As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.

PSALMS 3:8 (AFR83)

Kom tog, Here, help my, my God! U het nog altyd my vyande se mag verbreek, U het die aanval van die goddeloses afgeslaan.

PSALMS 5:5 (AFR83)

U is nie 'n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie.

PSALMS 6:7 (AFR83)

Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my bed met trane.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid