Soekresultate vir: Psalms 23:4

PSALMS 23:4 (AFR83)

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.

PSALMS 23:1 (AFR83)

'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

PSALMS 23:6 (AFR83)

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

PSALMS 23:2 (AFR83)

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

PSALMS 23:3 (AFR83)

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

PSALMS 23:5 (AFR83)

U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

PSALMS 4:5 (AFR83)

As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! Sela

PSALMS 4:8 (AFR83)

U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het.

PSALMS 4:9 (AFR83)

Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.

PSALMS 4:1 (AFR83)

Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Dawid.

PSALMS 4:7 (AFR83)

Daar is baie wat sê: “Wie sal dit weer met ons goed laat gaan?” Wees ons tog weer goedgesind, Here, help ons!

PSALMS 4:4 (AFR83)

Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep.

PSALMS 4:6 (AFR83)

Julle moet die offers bring wat aan julle voorgeskryf is, en julle moet op die Here vertrou.

PSALMS 4:3 (AFR83)

Hoe lank gaan julle my eer nog skend, mense, gaan julle valsheid liefhê en voorkeur gee aan leuens? Sela

PSALMS 4:2 (AFR83)

O God wat aan my reg verskaf, antwoord my as ek roep. Toe ek in die nood was, het U my bevry. Wees my ook nou genadig en hoor my gebed!

DEUTERONOMIUM 23:4 (AFR83)

Dit is omdat hulle jou nie van kos en water voorsien het toe julle uit Egipte getrek het nie en hulle vir Bileam seun van Beor uit Petor in Mesopotamië gehuur het om jou te vervloek.

JEREMIA 23:4 (AFR83)

Dan sal Ek herders oor hulle aanstel, en dié sal hulle versorg, en hulle sal nie meer bang of verskrik wees nie en hulle sal nie meer wegraak nie, sê die Here.

SPREUKE 23:4 (AFR83)

Moet jou nie afsloof om ryk te word nie en moenie jou sin vir waardes verloor nie.

NUMERI 23:4 (AFR83)

en daar het God Hom aan Bileam geopenbaar. Bileam het toe gesê: “Ek het sewe altare laat bou en op elke altaar 'n bul en 'n ram geoffer.”

EKSODUS 23:4 (AFR83)

“Wanneer jy 'n verdwaalde bees of donkie van jou vyand raakloop, moet jy dit beslis na hom toe terugbring.

JESAJA 23:4 (AFR83)

Laat sak jou kop in skaamte, Sidon, want die see, die vestingstad van die see, sê: “Ek het nooit geboortepyne gehad nie, ek het nie kinders in die wêreld gebring nie; ek het nie jongmanne grootgemaak, dogters opgevoed nie.”

LUKAS 23:4 (AFR83)

Daarop sê Pilatus vir die priesterhoofde en die skare: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie.”

ESEGIËL 23:4 (AFR83)

Die oudste se naam was Ohola, en haar suster was Oholiba. Hulle het aan My behoort en hulle het seuns en dogters gehad. Ohola se naam was eintlik Samaria en Oholiba s'n was Jerusalem.

LEVITIKUS 23:4 (AFR83)

“Verder is daar ook die volgende feeste tot my eer, gewyde byeenkomste wat julle op vasgestelde tye moet vier:

GENESIS 23:4 (AFR83)

“Ek is 'n vreemdeling, 'n bywoner by julle. Gee vir my 'n vaste besitting as graf hier by julle sodat ek my vrou daarin kan begrawe.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid