Soekresultate vir: Psalms 139:15

PSALMS 139:15 (AFR83)

geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

PSALMS 139:1 (AFR83)

Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.

PSALMS 139:10 (AFR83)

ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas.

PSALMS 139:11 (AFR83)

Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander,

PSALMS 139:12 (AFR83)

maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.

PSALMS 139:13 (AFR83)

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

PSALMS 139:14 (AFR83)

Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker:

PSALMS 139:16 (AFR83)

U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.

PSALMS 139:17 (AFR83)

Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!

PSALMS 139:18 (AFR83)

As ek hulle sou wou opnoem – hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.

PSALMS 139:19 (AFR83)

As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars!

PSALMS 139:2 (AFR83)

Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.

PSALMS 139:3 (AFR83)

Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.

PSALMS 139:4 (AFR83)

Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.

PSALMS 139:5 (AFR83)

U omsluit my van alle kante, U neem my in besit.

PSALMS 139:6 (AFR83)

Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

PSALMS 139:7 (AFR83)

Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?

PSALMS 139:8 (AFR83)

Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.

PSALMS 139:9 (AFR83)

Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste,

PSALMS 139:20 (AFR83)

Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree.

PSALMS 139:21 (AFR83)

Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie 'n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie?

PSALMS 139:22 (AFR83)

Ek haat hulle met 'n uiterste haat, want hulle is ook my vyande.

PSALMS 139:23 (AFR83)

Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.

PSALMS 139:24 (AFR83)

Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

PSALMS 15:2 (AFR83)

Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat,

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid