Soekresultate vir: Matteus 11:30

MATTEUS 11:30 (AFR83)

My juk is sag en my las is lig.”

MATTEUS 11:3 (AFR83)

“Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?”

MATTEUS 11:6 (AFR83)

En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.”

MATTEUS 11:9 (AFR83)

Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek verseker julle, nog meer as 'n profeet.

MATTEUS 11:15 (AFR83)

Wie ore het, moet luister.

MATTEUS 11:16 (AFR83)

“Waarmee moet Ek hierdie geslag vergelyk? Hulle is net soos kinders wat op die markpleine vir mekaar sit en roep:

MATTEUS 11:19 (AFR83)

Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”

MATTEUS 11:8 (AFR83)

Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? 'n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat deftig aantrek, kry 'n mens in koninklike paleise.

MATTEUS 11:17 (AFR83)

“ ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het 'n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie!’

MATTEUS 11:24 (AFR83)

Maar Ek sê vir julle: Vir die land van Sodom sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir jou.”

MATTEUS 11:26 (AFR83)

Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.

MATTEUS 11:28 (AFR83)

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

MATTEUS 11:7 (AFR83)

Toe hulle weggaan, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: “Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na 'n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word?

MATTEUS 11:11 (AFR83)

“Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie, en tog is die geringste in die koninkryk van die hemel groter as hy.

MATTEUS 11:13 (AFR83)

Al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer,

MATTEUS 11:21 (AFR83)

“Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hulle lankal in sak en as bekeer het.

MATTEUS 11:23 (AFR83)

En jy, Kapernaum, dink jy “ ‘jy sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal.’ “As in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy tot vandag toe nog bly staan het.

MATTEUS 11:1 (AFR83)

Toe Jesus klaar was met die opdragte aan sy twaalf dissipels, het Hy daarvandaan weggegaan om die mense in hulle dorpe te leer en vir hulle te preek.

MATTEUS 11:2 (AFR83)

Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge 'n boodskap aan Hom gestuur om te vra:

MATTEUS 11:4 (AFR83)

Jesus antwoord hulle: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien:

MATTEUS 11:10 (AFR83)

Dit is hy van wie daar geskrywe staan: “ ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit; hy sal die pad vir jou regmaak.’

MATTEUS 11:12 (AFR83)

Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself 'n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit.

MATTEUS 11:18 (AFR83)

“Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’

MATTEUS 11:20 (AFR83)

Toe het Jesus die dorpe waarin Hy die meeste van sy wonderdade gedoen het, begin verwyt omdat hulle hulle nie bekeer het nie:

MATTEUS 11:22 (AFR83)

Maar Ek sê vir julle: Vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeelsdag draagliker wees as vir julle.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid