Soekresultate vir: Make St. Paul
HANDELINGE 9:15 (AFR83)
Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel.
HANDELINGE 9:16 (AFR83)
Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.”
HANDELINGE 13:9 (AFR83)
Maar Saulus, dit is Paulus, vol van die Heilige Gees, het hom skerp aangekyk
HANDELINGE 14:23 (AFR83)
In elke gemeente het hulle ouderlinge gekies. Nadat die gemeente gebid en gevas het, het die apostels hulle opgedra aan die Here, in wie hulle nou geglo het.
ROMEINE 1:1 (AFR83)
Van Paulus, 'n dienaar van Christus Jesus, geroep om apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God.
ROMEINE 16:7 (AFR83)
Gee my groete ook aan Andronikus en Junias, my volksgenote wat saam met my in die gevangenis was; hulle is hoog aangeskrewe by die apostels en het voor my al Christene geword.
1 KORINTIËRS 1:1 (AFR83)
Van Paulus, wat deur die wil van God geroep is om 'n apostel van Christus Jesus te wees, en van die broer Sostenes.
2 KORINTIËRS 1:1 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en van die broer Timoteus. Aan die gemeente van God in Korinte en aan almal wat aan die Here behoort in die hele Agaje.
EFESIËRS 1:1 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo.
FILIPPENSE 1:1 (AFR83)
Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus. Aan almal in Filippi wat deur Christus Jesus aan God behoort, met hulle ouderlinge en diakens.
KOLOSSENSE 1:1 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en van die broer Timoteus.
1 TESSALONISENSE 1:1 (AFR83)
Van Paulus, Silvanus en Timoteus. Aan die gemeente van die Tessalonisense, wat aan God die Vader en die Here Jesus Christus behoort. Genade en vrede vir julle!
2 TESSALONISENSE 1:1 (AFR83)
Van Paulus, Silvanus en Timoteus. Aan die gemeente van die Tessalonisense wat aan God ons Vader en die Here Jesus Christus behoort.
1 TIMOTEUS 1:1 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus in opdrag van God ons Verlosser en van Christus Jesus ons Hoop.
2 TIMOTEUS 1:1 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, gestuur om die belofte te verkondig van die lewe in Christus Jesus.
TITUS 1:1 (AFR83)
Van Paulus, 'n dienaar van God en 'n apostel van Jesus Christus. Ek het die opdrag ontvang om die uitverkorenes van God te lei tot die geloof en tot kennis van die waarheid, dié waarheid wat lei tot die diens van God
HEBREËRS 13:23 (AFR83)
Julle weet seker al dat ons broer Timoteus vrygelaat is. As hy gou genoeg kom, bring ek hom saam wanneer ek julle besoek.