Soekresultate

FILIPPENSE 4:13 (AFR83)

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

2 KORINTIËRS 12:9 (AFR83)

Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

2 KORINTIËRS 12:10 (AFR83)

Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

JESAJA 40:29 (AFR83)

Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.

JESAJA 40:30 (AFR83)

Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val,

JESAJA 40:31 (AFR83)

maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

PSALMS 18:1 (AFR83)

Vir die koorleier. 'n Lied van Dawid, die dienaar van die Here. Hy het dié woorde tot die Here gerig op die dag toe die Here hom gered het uit die mag van al sy vyande en uit die mag van Saul.

EFESIËRS 6:10 (AFR83)

Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.

MARKUS 12:30 (AFR83)

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’

JESAJA 41:10 (AFR83)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

DEUTERONOMIUM 31:6 (AFR83)

Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”

PSALMS 73:26 (AFR83)

Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd.

1 KRONIEKE 16:11 (AFR83)

Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

2 SAMUEL 22:33 (AFR83)

God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig.

PSALMS 28:7 (AFR83)

Die Here is my sterkte en my beskermer, op Hom het ek vertrou. Hy het my gehelp. Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.

NEHEMIA 8:10 (AFR83)

Nehemia die goewerneur, die skrifgeleerde priester Esra en die Leviete wat die gemeente onderrig het, het vir die hele gemeente gesê: “Hierdie dag word gewy aan die Here julle God. Moenie treurig wees nie, moenie huil nie.” Dit was omdat die hele gemeente gehuil het by die aanhoor van die wet.

1 PETRUS 5:11 (AFR83)

Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.

PSALMS 18:33 (AFR83)

God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig.

PSALMS 89:22 (AFR83)

My mag sal hom ondersteun, my krag sal hom sterk maak.

PSALMS 89:46 (AFR83)

U het sy jeugdige krag gebreek en hom diep verneder. Sela

JOB 29:20 (AFR83)

ek sal altyd nuwe krag hê, ek sal my man kan staan.

NUMERI 6:8 (AFR83)

Solank sy nasireërgelofte van krag is, is hy afgesonder vir die Here.

PSALMS 145:11 (AFR83)

Hulle vertel van u koninklike mag en getuig van u groot krag.

JOB 12:13 (AFR83)

By God is wysheid en krag, by Hom is raad en insig.

LEVITIKUS 26:42 (AFR83)

Wanneer hulle dit doen, sal Ek die beloftes wat Ek aan Jakob, aan Isak en aan Abraham gegee het, weer van krag maak. Ek sal my beloftes oor die land weer van krag maak.