Soekresultate vir: John 3:16
KOLOSSENSE 3:16 (AFR83)
Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.
JOHANNES 3:16 (AFR83)
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
2 TIMOTEUS 3:16 (AFR83)
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,
GENESIS 3:16 (AFR83)
Vir die vrou het die Here God gesê: “Ek sal jou baie swaar laat kry met jou swangerskappe: met pyn sal jy kinders in die wêreld bring. Na jou man sal jy hunker, en hy sal oor jou heers.”
EKSODUS 3:16 (AFR83)
“Gaan roep nou die leiers van Israel bymekaar en sê vir hulle: ‘Die Here die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: Ek weet van julle en Ek weet ook wat julle aangedoen word in Egipte.
NUMERI 3:16 (AFR83)
Moses het hulle getel presies soos die Here hom beveel het.
DEUTERONOMIUM 3:16 (AFR83)
Ek het die gebied van Gilead af tot in die middel van die Arnonbedding vir die stamme Ruben en Gad gegee. Hulle noordgrens was Jabbokspruit, die grens van die Ammoniete se land,
JOSUA 3:16 (AFR83)
het die water wat afkom, gaan staan. Dit het op een hoop gaan staan, ver boontoe by Adam, die stad langs Saretan. Die water wat afloop na die see in die Jordaanvallei, die Soutsee, was heeltemal afgesny. Die volk het regoor Jerigo deurgetrek.
RIGTERS 3:16 (AFR83)
Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, 'n halwe meter lank en aan albei kante geslyp. Hy het dit aan sy regterkant onder sy klere vasgemaak.
RUT 3:16 (AFR83)
en sy het na haar skoonma toe gegaan. Sy vra toe vir Rut: “Hoe het dit toe gegaan, my dogter?” Sy het haar vertel wat Boas alles vir haar gedoen het en
FILIPPENSE 3:16 (AFR83)
In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.
JAKOBUS 3:16 (AFR83)
want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade.
JOËL 3:16 (AFR83)
Die Here sal uit Sion brul, Hy sal sy stem uit Jerusalem laat hoor, en hemel en aarde sal bewe. Die Here is 'n toevlug vir sy volk, 'n veilige vesting vir die Israeliete.
NAHUM 3:16 (AFR83)
Jy het mos meer handelaars gehad as wat daar sterre aan die hemel is. Maar as sprinkane vervel het, vlieg hulle weg,
MALEAGI 3:16 (AFR83)
Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam.
HANDELINGE 3:16 (AFR83)
Deur die geloof in sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal.
ROMEINE 3:16 (AFR83)
Hulle laat 'n spoor van verwoesting en ellende agter.
GALASIËRS 3:16 (AFR83)
God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee. Daar staan nie “aan nakomelinge”, meer as een nie, maar: “en aan jou nakomeling” , net een, en hierdie nakomeling is Christus.
EFESIËRS 3:16 (AFR83)
Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word,
HEBREËRS 3:16 (AFR83)
Wie was dit dan wat gehoor het en tog in opstand gekom het? Was dit nie hulle almal wat onder leiding van Moses uit Egipte getrek het nie?
PREDIKER 3:16 (AFR83)
Verder het ek in hierdie wêreld gesien: waar daar reg moet geskied, is daar onreg; waar daar geregtigheid moet wees, is daar oortreding.
JESAJA 3:16 (AFR83)
Verder het die Here gesê: Omdat die vrouens van Sion hoogmoedig is en kop in die lug rondloop terwyl hulle ogies maak, wegstap met trippelgang en hulle enkelringe laat rinkel,
KLAAGLIEDERE 3:16 (AFR83)
Hy het my gruisklip laat kou, my in die grond getrap.
ESEGIËL 3:16 (AFR83)
Ná die sewe dae het die woord van die Here tot my gekom:
DANIËL 3:16 (AFR83)
Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: “Ons hoef u nie hierop te antwoord nie.