Soekresultate vir: John 15:5
JOHANNES 15:5 (AFR83)
“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.
MARKUS 15:5 (AFR83)
Jesus het egter niks meer gesê nie, sodat Pilatus verbaas was.
GENESIS 15:5 (AFR83)
Toe het die Here vir Abram buitentoe laat gaan en vir hom gesê: “Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan.” Verder sê die Here vir hom: “So baie sal jou nageslag wees.”
EKSODUS 15:5 (AFR83)
Watermassas het hulle oordek, soos 'n klip het hulle in die dieptes afgesak.
LEVITIKUS 15:5 (AFR83)
Enigiemand wat aan die bed raak, moet sy klere was en hom bad. Hy is die res van die dag onrein.
RIGTERS 15:5 (AFR83)
Hy het toe die fakkels aan die brand gesteek en die jakkalse tussen die graan van die Filistyne losgelaat. Hy het die miedens en die graan op die land aan die brand gesteek, ook die wingerde en die olyfboorde.
JOB 15:5 (AFR83)
Dit is jou sonde wat jou die woorde in die mond lê; daarom kies jy sulke slinkse woorde.
PSALMS 15:5 (AFR83)
sy geld nie op rente uitleen nie en hom nie laat omkoop om die onskuldige te kort te doen nie. Wie hom hieraan hou, sal nooit wankel nie.
MATTEUS 15:5 (AFR83)
Maar julle bepaal: ‘As iemand vir sy pa of sy ma sê: Die hulp wat u van my sou kon kry, maak ek 'n offergawe vir God,
LUKAS 15:5 (AFR83)
En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers.
HANDELINGE 15:5 (AFR83)
maar party van die gelowiges wat vroeër Fariseërs was, het na vore gekom en gesê: “Die bekeerlinge moet besny word en aangesê word om die wet van Moses te onderhou.”
ROMEINE 15:5 (AFR83)
En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê.
SPREUKE 15:5 (AFR83)
'n Dwaas verag wat sy vader hom leer; wie hom laat teregwys, is verstandig.
JESAJA 15:5 (AFR83)
My hart brand oor Moab. Sy mense het gevlug tot by Soar, tot by Eglat-Selisija. Hulle klim die opdraand na Lugit toe huil-huil uit, op pad na Goronajim toe skreeu hulle oor die ramp wat hulle getref het.
JEREMIA 15:5 (AFR83)
Wie sal vir jou jammer wees, Jerusalem, wie sal medelye met jou hê? Wie sal afdraai en kom vra hoe gaan dit met jou?
ESEGIËL 15:5 (AFR83)
Ook toe dit nog ongeskonde was, kon jy nie iets daarvan maak nie, en as dit gebrand en geskroei is, kan jy dit dan nog gebruik om iets te maak?”
NUMERI 15:5 (AFR83)
“Saam met elke lam wat as brandoffer of ander diereoffer gebring word, moet jy 'n liter wyn as drankoffer aanbied.
JOSUA 15:5 (AFR83)
Die oostelike grens is die Soutsee tot waar die Jordaan in die see inloop. Die grens aan die noordekant begin waar die Jordaan in die see inloop,
DIE OPENBARING 15:5 (AFR83)
Hierna het ek gesien: die tempel in die hemel, die woonplek van God, is oopgemaak,
1 SAMUEL 15:5 (AFR83)
Saul het by die woonplek van die Amalekiete aangekom en sy manskappe laat stelling inneem by 'n spruit.
1 KONINGS 15:5 (AFR83)
Dit was omdat Dawid gedoen het wat reg is in die oë van die Here, en sy lewe lank nooit die opdragte van die Here verontagsaam het nie, behalwe in die geval van Urija die Hetiet.
2 KONINGS 15:5 (AFR83)
Die Here het die koning met melaatsheid getref. Hy was melaats tot die dag van sy dood en het in 'n plek van afsondering gewoon. Sy seun Jotam het die paleis bestuur en oor die hele land geregeer.
1 KRONIEKE 15:5 (AFR83)
van die Kehatgroep was daar die leier Uriël met sy honderd en twintig ampsgenote,
2 KRONIEKE 15:5 (AFR83)
In daardie tyd kon niemand veilig kom of gaan nie, want daar was groot onrus in al die lande.
1 KORINTIËRS 15:5 (AFR83)
Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf,