Soekresultate vir: Isa��as 41

JESAJA 41:10 (AFR83)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

JESAJA 41:1 (AFR83)

Bly stil en luister na My, eilande, maak julle gereed, volke, staan nader en stel julle saak, laat ons die saak uitmaak.

JESAJA 41:2 (AFR83)

Wie is dit wat hom uit die ooste laat opstaan het vir wie elke voetstap oorwinning bring? Wie gee nasies aan hom oor, onderwerp konings aan hom? Sy swaard en sy pyl en boog laat hulle verdwyn soos stof voor die wind, soos dwarrelende stoppels.

JESAJA 41:3 (AFR83)

Hy agtervolg hulle en trek ongehinderd voort, sy voete raak nie eens grond nie.

JESAJA 41:4 (AFR83)

Wie het dit bewerkstellig, dit gedoen? Wie het die verloop van dinge van die begin af bepaal? Dit is Ek, die Here! Ek is die eerste, en wanneer die laaste dinge gebeur, sal Ek nog die Here wees.

JESAJA 41:5 (AFR83)

Die eilande het gesien wat gebeur en het bang geword, die hele aarde het gebewe. Die mense kom bymekaar,

JESAJA 41:6 (AFR83)

hulle help mekaar en praat mekaar moed in.

JESAJA 41:7 (AFR83)

Die ambagsman praat die goudsmid moed in, die een wat die metaal uitklop, praat hom wat dit aanmekaar smee, moed in. Hulle sê: “Die smeewerk is goed!” Dan slaan hulle die beeld met spykers vas dat hy nie omval nie!

JESAJA 41:8 (AFR83)

Maar jy, my dienaar, Israel, Jakob vir wie Ek uitverkies het, afstammeling van Abraham vir wie Ek liefhet,

JESAJA 41:9 (AFR83)

jy, vir wie Ek van die uiteindes van die aarde af gegryp het, van sy uithoeke af geroep het, vir jou het Ek gesê: Jy is my dienaar, Ek het jou uitverkies, Ek het jou nie verwerp nie.

JESAJA 41:11 (AFR83)

Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teëparty sal soos niks word, hulle sal omkom.

JESAJA 41:12 (AFR83)

Jy sal dié soek wat teen jou veg, maar hulle sal nêrens te vinde wees nie; dié wat teen jou oorlog maak, sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie.

JESAJA 41:13 (AFR83)

Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.

JESAJA 41:14 (AFR83)

Moenie bang wees nie, al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob, al is jy klein, Israel. Ék help jou, sê die Here jou Verlosser, die Heilige van Israel.

JESAJA 41:15 (AFR83)

Ek maak jou 'n skerp dorsslee, 'n nuwe met baie tande; jy sal berge dors en fynmaal, jy sal van rante kaf maak.

JESAJA 41:16 (AFR83)

Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegwaai, die stormwind sal hulle verstrooi; dan sal jy jubel in die Here, jy sal roem in die Heilige van Israel.

JESAJA 41:17 (AFR83)

Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.

JESAJA 41:18 (AFR83)

Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring, en in die laagtes fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in fonteinwêreld.

JESAJA 41:19 (AFR83)

Ek sal in die woestyn seders laat groei, doringbome, mirte en olyfbome. Ek sal in die barre wêreld sipresse laat groei saam met platane en denne.

JESAJA 41:20 (AFR83)

Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en insien dat die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.

JESAJA 41:21 (AFR83)

Stel julle saak, gode, sê die Here, bring julle bewyse, sê die Koning van Jakob.

JESAJA 41:22 (AFR83)

Kom, sê vir ons wat gaan gebeur, sê vir ons wat beteken dit wat verby is sodat ons daaroor kan nadink en kan weet waarop dit uitloop.

JESAJA 41:23 (AFR83)

Of laat ons hoor wat gaan gebeur, sê vir ons wat in die toekoms gaan plaasvind dat ons kan weet of julle gode is. Doen iets, doen goed of kwaad, dan sal ons almal verbaas staan en skrik.

JESAJA 41:24 (AFR83)

Maar julle is niks, julle kan niks doen nie. Wie vir julle as sy gode kies, is self afskuwelik.

JESAJA 41:25 (AFR83)

Ek het iemand uit die noorde te voorskyn laat kom, van sonsopgang se kant af het hy gekom en my Naam aangeroep. Hy het regeerders in die modder in getrap soos 'n pottebakker die klei trap.