Soekresultate vir: Hebreërs 11:1

HEBREËRS 11:25 (AFR83)

Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê.

HEBREËRS 11:26 (AFR83)

Die smaad ter wille van die Christus het hy 'n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het.

HEBREËRS 11:37 (AFR83)

Gelowiges is met klippe doodgegooi, in stukke gesaag, met die swaard vermoor. Hulle het rondgeswerf in skaapvelle en in bokvelle. Hulle het gebrek gely, is verdruk en mishandel.

HEBREËRS 11:2 (AFR83)

Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is.

HEBREËRS 11:9 (AFR83)

Omdat hy geglo het, het hy in die beloofde land gaan woon, 'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon, en so ook Isak en Jakob wat saam met hom erfgename van dieselfde belofte was,

HEBREËRS 11:22 (AFR83)

Omdat Josef geglo het, het hy kort voor sy dood melding gemaak van die uittog van die Israeliete en opdrag gegee in verband met sy liggaam.

HEBREËRS 11:24 (AFR83)

Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter.

HEBREËRS 11:38 (AFR83)

Die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe.

HEBREËRS 11:8 (AFR83)

Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom.

HEBREËRS 11:23 (AFR83)

Omdat die ouers van Moses geglo het, het hulle hom na sy geboorte drie maande lank weggesteek toe hulle sien dat hy 'n mooi kindjie is. Hulle was nie bang vir die bevel van die koning nie.

HEBREËRS 11:32 (AFR83)

En wat moet ek nog meer sê? Die tyd ontbreek my om te vertel van Gideon, Barak, Simson en Jefta, van Dawid, Samuel en die profete.

HEBREËRS 11:33 (AFR83)

Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop,

HEBREËRS 11:30 (AFR83)

Omdat die Israeliete geglo het, het die mure van Jerigo geval nadat hulle sewe dae daaromheen getrek het.

HEBREËRS 11:31 (AFR83)

Omdat Ragab, die prostituut, geglo het, het sy die verkenners vriendelik ontvang en het sy nie omgekom saam met dié wat aan God ongehoorsaam was nie.

HEBREËRS 1:5 (AFR83)

Immers, aan wie van die engele het God ooit gesê: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader,” en ook: “Ek sal sy Vader wees, en Hy sal my Seun wees” ?

HEBREËRS 1:11 (AFR83)

Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan; soos 'n kledingstuk sal alles verslyt;

HEBREËRS 1:1 (AFR83)

In die verlede het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete,

HEBREËRS 1:6 (AFR83)

En wanneer God die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: “Al die engele van God moet Hom aanbid.”

HEBREËRS 1:8 (AFR83)

Maar van die Seun sê Hy: “U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied.

HEBREËRS 1:10 (AFR83)

En verder: “U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande.

HEBREËRS 1:13 (AFR83)

Van watter engel het Hy ooit gesê: “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het” ?

HEBREËRS 1:14 (AFR83)

Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?

HEBREËRS 1:7 (AFR83)

Van die engele sê Hy: “Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme.”

HEBREËRS 1:9 (AFR83)

U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.”

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid