Soekresultate vir: Genesis 28:10-22

GENESIS 28:10 (AFR83)

Jakob is van Berseba af weg na Haran toe.

GENESIS 28:11 (AFR83)

Teen sononder het hy by 'n plek gekom waar hy kon oornag. Hy het daar 'n klip vir 'n kopkussing gebruik en gaan lê en slaap.

GENESIS 28:12 (AFR83)

Hy het gedroom: 'n leer staan op die aarde en die punt van die leer raak aan die hemel, en engele van God klim op en af met die leer.

GENESIS 28:13 (AFR83)

Toe kom staan die Here by Jakob en sê: “Ek is die Here die God van jou voorvader Abraham, die God van Isak. Ek sal die grond waarop jy lê, vir jou en jou nageslag gee.

GENESIS 28:14 (AFR83)

Hulle sal so baie wees soos die stof van die aarde, en jy sal jou gebied na alle kante toe uitbrei, en in jou en jou nageslag sal al die volke van die aarde geseën wees.

GENESIS 28:15 (AFR83)

Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou na hierdie land toe terugbring. Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het.”

GENESIS 28:16 (AFR83)

Jakob het wakker geskrik en gesê: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie.”

GENESIS 28:17 (AFR83)

Jakob het bang geword en gesê: “Hoe skrikwekkend is hierdie plek! Dit is niks anders nie as die huis van God; dit is die poort van die hemel.”

GENESIS 28:18 (AFR83)

Die volgende môre het Jakob opgestaan en hy het die klip wat sy kopkussing was, gevat en dit regop gesit. Toe giet hy olie op die bopunt daarvan uit.

GENESIS 28:19 (AFR83)

Hy het die plek Bet-El genoem. Die stad was voorheen bekend as Lus.

GENESIS 28:20 (AFR83)

Jakob het toe 'n gelofte afgelê en gesê: “As U, o God, by my is en my beskerm op my reis en vir my kos en klere gee,

GENESIS 28:21 (AFR83)

sodat ek behoue terugkom by my ouerhuis, sal U, Here, my God wees.

GENESIS 28:22 (AFR83)

Hierdie klippilaar wat ek regop gesit het, sal 'n tempel wees, en van alles wat U my gee, sal ek vir U 'n tiende gee.”

GENESIS 28:1 (AFR83)

Toe roep Isak vir Jakob en neem van hom afskeid en sê vir hom: “Jy mag nie met 'n Kanaänitiese meisie trou nie.

GENESIS 28:2 (AFR83)

Gaan na Paddan-Aram toe, na die huis van jou ma se pa Betuel toe, en trou daar met 'n dogter van jou oom Laban.

GENESIS 28:3 (AFR83)

God die Almagtige sal jou seën: Hy sal jou vrugbaar maak en jou 'n groot nageslag gee. Jy sal 'n baie groot volk word.

GENESIS 28:4 (AFR83)

Hy sal jou die seën laat toekom wat Hy aan Abraham gegee het: jy en jou nageslag sal die land waarin jy woon, as besitting ontvang, die land wat God aan Abraham gegee het.”

GENESIS 28:5 (AFR83)

So het Isak toe vir Jakob weggestuur, en hy is na Paddan-Aram toe, tot by die Arameër Betuel se seun Laban, broer van Rebekka die ma van Jakob en Esau.

GENESIS 28:6 (AFR83)

Esau het te wete gekom dat Isak afskeid geneem het van Jakob en dat Isak hom na Paddan-Aram toe gestuur het om daar te gaan trou, want toe Isak vir Jakob gegroet het, het hy vir hom gesê: “Jy mag nie met 'n Kanaänitiese meisie trou nie.”

GENESIS 28:7 (AFR83)

Toe Esau verneem dat Jakob na sy pa en ma geluister het en na Paddan-Aram toe is,

GENESIS 28:8 (AFR83)

het Esau geweet dat sy pa Isak nie van die Kanaänitiese meisies gehou het nie.

GENESIS 28:9 (AFR83)

Daarom het Esau na Ismael toe gegaan, en by die vrouens wat hy gehad het, nog 'n vrou gevat: Magalat dogter van Ismael, Abraham se seun. Sy was die suster van Nebajot.

GENESIS 1:28 (AFR83)

Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.”

GENESIS 5:28 (AFR83)

Toe Lameg 182 was, het hy die vader geword van 'n seun.

GENESIS 9:28 (AFR83)

Na die oorstroming het Noag nog drie honderd en vyftig jaar geleef.