Soekresultate

JAKOBUS 5:14 (AFR83)

As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid en hom met olie salf onder aanroeping van die Naam van die Here.

JAKOBUS 5:15 (AFR83)

En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word.

JAKOBUS 5:16 (AFR83)

Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.

MARKUS 5:34 (AFR83)

Daarna sê Hy vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. Wees vir goed van jou kwaal genees!”

JOHANNES 5:8 (AFR83)

Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.”

1 PETRUS 2:24 (AFR83)

Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

HANDELINGE 4:30 (AFR83)

Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.”

JESAJA 53:5 (AFR83)

Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

PSALMS 103:3 (AFR83)

Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees,

PSALMS 147:3 (AFR83)

Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.

JOB 5:18 (AFR83)

Dit is Hy wat wonde toedien, maar Hy verbind hulle weer, wat seer slaan, maar Hy maak weer met sy eie hand gesond.

LUKAS 9:2 (AFR83)

Toe het Hy hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak.

MATTEUS 4:23 (AFR83)

Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

SPREUKE 12:18 (AFR83)

Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring genesing met wat hulle sê.

JESAJA 39:1 (AFR83)

Dié tyd het koning Merodak-Baladan van Babel, seun van Baladan, briewe en geskenke na Hiskia toe gestuur omdat hy gehoor het van Hiskia se siekte en genesing.

MALEAGI 4:2 (AFR83)

Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers.

LUKAS 9:11 (AFR83)

Maar die mense het dit te wete gekom en agter Hom aan gegaan. Hy het hulle verwelkom en met hulle gepraat oor die koninkryk van God, en dié wat genesing nodig gehad het, het Hy gesond gemaak.

DIE OPENBARING 22:2 (AFR83)

Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies.

ESEGIËL 47:12 (AFR83)

Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring.”

HANDELINGE 4:22 (AFR83)

Die man wat deur hierdie wonder gesond geword het, was immers al oor die veertig.

JEREMIA 14:19 (AFR83)

Het U Juda dan heeltemal verwerp? Walg U vir Sion? Waarom het U ons getref sonder dat iemand ons genees? Waarom wag ons dat alles regkom, maar dit gaan nie goed nie, wag ons op 'n tyd van verbetering, maar daar is net rede tot skrik?

SPREUKE 3:8 (AFR83)

dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

JEREMIA 33:6 (AFR83)

Ek sal hom heeltemal gesond maak en sy inwoners genees; Ek sal vir hulle 'n sterk veilige vesting bou.

JEREMIA 30:13 (AFR83)

Niemand kan jou saak stel nie; daar is nie 'n raat vir jou sweer nie.

JEREMIA 8:15 (AFR83)

Ons wag dat alles moet regkom, maar dit gaan nie goed nie, ons wag op 'n tyd van verbetering, maar daar is net rede tot skrik.