Soekresultate vir: Forged North Dakota Driver
SPREUKE 6:1 (AFR83)
As jy vir iemand borg gestaan het, my seun, as jy jou verbind het vir 'n ander,
SPREUKE 6:2 (AFR83)
verstrik geraak het deur wat jy gesê het en vasgevang is deur jou eie woorde,
SPREUKE 6:3 (AFR83)
doen dan dít, my seun, en red jouself só as jy in 'n ander se mag beland het: gaan soebat hom, gaan pleit by hom;
SPREUKE 6:4 (AFR83)
moenie gaan slaap nie, bly wakker,
SPREUKE 6:5 (AFR83)
red jou uit sy mag soos 'n wildsbok uit 'n strik, soos 'n voëltjie uit die net van 'n voëlvanger.
PSALMS 1:1 (AFR83)
Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,
PSALMS 1:2 (AFR83)
maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.
PSALMS 1:3 (AFR83)
Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.
PSALMS 1:4 (AFR83)
So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word.
PSALMS 1:5 (AFR83)
Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie.
PSALMS 1:6 (AFR83)
Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.
PSALMS 10:1 (AFR83)
Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U U terug in tye van nood?
PSALMS 10:2 (AFR83)
Die goddeloses is vol van hulleself, hulle vervolg 'n hulpelose man. Laat hulle gevang word deur die sluwe planne wat hulle self uitgedink het.
PSALMS 10:3 (AFR83)
Die goddelose verlustig hom nou al in wat hy hoop om in die hande te kry. Die een wat hom wil verryk ten koste van 'n ander, wens homself by voorbaat geluk. Hy verag die Here.
PSALMS 10:4 (AFR83)
Neus in die lug sê hy: “God vra tog geen rekenskap nie!” In al sy planne is daar geen plek vir God nie.
PSALMS 10:5 (AFR83)
Dit gaan mos altyd goed met wat hy aanpak. U oordele is vir hom te ver weg, buite sy gesigsveld. Hy snork met veragting oor al sy vyande.
PSALMS 10:6 (AFR83)
Hy dink: ek sal nie wankel nie en die ongeluk sal my nooit tref nie.
PSALMS 10:7 (AFR83)
Hy lê 'n vloek op almal, hy onderdruk en bedrieg, hy bedink onheil en onreg.
PSALMS 10:8 (AFR83)
Hy lê onskuldiges voor agter die heinings en vermoor hulle in die geheim. Hy loer rond in die donker.
PSALMS 10:9 (AFR83)
Hy lê op die loer in 'n wegkruipplek soos 'n leeu agter 'n bos, hy lê op die loer om die hulpelose te vang. Hy vang hom en trek hom vas in sy net,
PSALMS 10:10 (AFR83)
hy slaan hom dat hy inmekaar sak. So kry hy die arme mens in die hande.
PSALMS 10:11 (AFR83)
Hy sê vir homself: “God steur Hom nie daaraan nie, Hy kyk weg, Hy sal dit nooit raaksien nie.”
PSALMS 10:12 (AFR83)
Kom tog, Here! Toon u mag, o God! Moet die hulpeloses tog nie vergeet nie.
PSALMS 10:13 (AFR83)
Hoe durf die goddeloses God verag en reken Hy sal hulle nie uitvind nie?
PSALMS 10:14 (AFR83)
En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet. U let daarop en maak daar 'n einde aan. Op U verlaat die ongelukkige hom, ook vir die weeskind is U 'n helper.