Soekresultate vir: Forged Massachusetts driver

ROMEINE 12:2 (AFR83)

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

SPREUKE 16:18 (AFR83)

Op hoogmoed volg ondergang, op selfverheffing volg die val.

PSALMS 1:1 (AFR83)

Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,

1 KORINTIËRS 10:13 (AFR83)

Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.

GALASIËRS 6:7 (AFR83)

Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes.

SPREUKE 22:29 (AFR83)

Jy sien self: iemand wat vaardig is in sy werk, kom in die diens van konings, nie in die diens van mense sonder aansien nie.

FILIPPENSE 4:8 (AFR83)

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

PSALMS 119:105 (AFR83)

U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.

SPREUKE 3:5 (AFR83)

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

JESAJA 41:10 (AFR83)

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

MATTEUS 6:33 (AFR83)

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

2 TIMOTEUS 3:16 (AFR83)

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek,

1 PETRUS 4:10 (AFR83)

As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien.

SPREUKE 14:5 (AFR83)

'n Betroubare getuie lieg nie; 'n vals getuie vertel een leuen na die ander.

SPREUKE 13:5 (AFR83)

Die regverdige haat leuens; die goddelose maak hom gehaat en veragtelik.

PSALMS 37:3 (AFR83)

Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

SPREUKE 11:3 (AFR83)

Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang.

PSALMS 18:2 (AFR83)

Hy het gesê: Ek het U baie lief, Here, my Sterkte.

SPREUKE 19:1 (AFR83)

Liewer arm wees en opreg lewe as 'n leuenaar en boonop 'n dwaas.

PSALMS 73:28 (AFR83)

Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.

SPREUKE 28:20 (AFR83)

'n Betroubare man is baie voorspoedig; een wat gou ryk wil word, sal sy straf kry.

SPREUKE 16:9 (AFR83)

'n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.

PSALMS 105:4 (AFR83)

Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

SPREUKE 25:11 (AFR83)

Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd.

PSALMS 5:11 (AFR83)

Laat hulle daarvoor boet, o God, laat hulle deur hulle eie planne tot niet gaan. Dryf hulle weg oor hulle baie sondes, want hulle is opstandig teen U.