Soekresultate vir: Fake Holy Apostles College
HANDELINGE 1:26 (AFR83)
Hulle het geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.
HANDELINGE 19:14 (AFR83)
Dit was die sewe seuns van 'n Joodse priesterhoof, Skeva, wat dit gedoen het.
HANDELINGE 8:18 (AFR83)
Toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang as die apostels hulle die hande oplê, het hy hulle geld aangebied
HANDELINGE 17:34 (AFR83)
'n Paar mense het egter gelowig geword en by hom aangesluit. Onder hulle was daar Dionisius, 'n lid van die Areopagus, en 'n vrou met die naam Damaris en nog ander saam met hulle.
HANDELINGE 15:22 (AFR83)
Daarna het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om mense uit hulle geledere saam met Paulus en Barnabas na Antiogië toe te stuur. Hulle het vir Judas, wat ook Barsabbas genoem is, en vir Silas gekies, manne wat die agting van die gelowiges geniet het.
HANDELINGE 15:23 (AFR83)
Hulle het die volgende brief saamgestuur: “Van die apostels en die ouderlinge, julle broers. “Aan die gelowiges uit die heidendom in Antiogië, Sirië en Silisië. “Groete.
HANDELINGE 15:24 (AFR83)
“Ons het gehoor dat daar mense van ons af gekom het wat julle verwar en ontstel het deur dinge te sê waarvoor hulle geen opdrag van ons ontvang het nie.
HANDELINGE 15:25 (AFR83)
Daarom het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle toe te stuur. Hulle vergesel ons geliefde Barnabas en Paulus,
HANDELINGE 15:26 (AFR83)
wat hulle lewe gewaag het vir die Naam van ons Here Jesus Christus.
HANDELINGE 15:27 (AFR83)
Ons stuur nou vir Judas en Silas om ook mondeling hierdie dinge aan julle oor te dra.
HANDELINGE 15:28 (AFR83)
Die Heilige Gees en ons het besluit om geen verdere las op julle te lê as net hierdie noodsaaklike dinge nie:
HANDELINGE 15:29 (AFR83)
dat julle nie vleis moet eet wat aan 'n afgod geoffer is nie, ook nie bloed nie en ook geen dier wat verwurg is nie, en dat julle onsedelikheid moet vermy. As julle julle van hierdie dinge weerhou, doen julle reg. “Hartlike groete.”
HANDELINGE 15:30 (AFR83)
Die afgevaardigdes het afskeid geneem en na Antiogië toe gegaan. Daar het hulle al die gelowiges bymekaar laat kom en die brief oorhandig.
HANDELINGE 15:31 (AFR83)
Die gelowiges het dit gelees en was baie bly oor die bemoedigende boodskap.
HANDELINGE 15:32 (AFR83)
Judas en Silas, wat self ook profete was, het lank met die gelowiges gepraat en hulle bemoedig en geestelik versterk.
HANDELINGE 15:33 (AFR83)
Nadat Judas en Silas geruime tyd daar gebly het, het hulle teruggegaan en die groete van die gelowiges oorgedra aan dié wat hulle afgevaardig het.
HANDELINGE 15:35 (AFR83)
Paulus en Barnabas het 'n tyd lank in Antiogië gebly en saam met baie ander onderrig gegee en die woord van die Here verkondig.
HANDELINGE 15:36 (AFR83)
'n Tydjie later het Paulus vir Barnabas gesê: “Kom ons gaan kyk hoe gaan dit met die gelowiges in al die stede waar ons die woord van die Here verkondig het.”
HANDELINGE 15:37 (AFR83)
Barnabas wou vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamneem.
HANDELINGE 15:38 (AFR83)
Maar Paulus het gedink dit is nie reg om die man saam te neem wat hulle in Pamfilië verlaat het en nie end-uit die werk saam met hulle gedoen het nie.
HANDELINGE 15:39 (AFR83)
Hieroor het hulle so skerp verskil dat hulle van mekaar geskei het. Barnabas het toe vir Markus geneem en met 'n skip na Siprus toe vertrek.
HANDELINGE 15:40 (AFR83)
Paulus het vir Silas gekies en vertrek, nadat hulle deur die gelowiges aan die genade van die Here toevertrou is.
HANDELINGE 15:41 (AFR83)
Hy het deur Sirië en Silisië gereis en die gemeentes geestelik versterk.